Wat Covid my leer - Adrie Els

Is dat ons nie ons feilbaarheid as mense kan keer.
Van ‘n land wat saam treur –
op wag na hierdie cure-
Is ons coping meganism om die gek te skeur:
Ja, van rou eiers sluk en pynappelpryse wat styg.
Van elbow shakes en 1000de memes
oor Cyril met sy masker op stage.
Die Chinese -virus en al die zoom conspiracies
En hoe een vlêrmuis ‘n tekort veroorsaak-
vra maar die tannie wat baklei vir toilet paper en ‘n scene maak.
Met curfews, en geen live entertainment, jammer chariots of fire, probeer
maar weer volgende jaar
Maar met geen sport kan die bulle ten minste sê dat hulle in 2020 redelik goed vaar.
Intussen word fopnuus versprei, vinniger as enige 7de laan skandaal, terwyl ons
week na week wag na die woorde: My fellow South Africans
Because even if there has been a rise in positive cases,
Wag ons vir Dr Mkhize om te sê dat sigarets & alcohol will be available at its normal
prices
Ons is in kwarentyn – en amper almal sing daaroor
Maar die aarde kom kry weer asem en word nie elke dag gemoor
En eweskielik word ek gedwing om my kinders weer te leer ken,
en elke dag net weer my lewensmaat se hart te wen.
Tenminste hoef ons nie te vrees,
as ons psalm 91 lees,
sal ons mos safe wees.
En dan begin ek myself afvra is kerk regtig essential? Of is ons net besig om fotos
te neem terwyl ons kospakkies aflewer, want ons kerk moet groei exponential.
En soos Bouwer dan sê my hart is seer, want ons mis die punt,
my hart is seer want ons oë is blind?
Waar is u Here, waarmee is U besig, sien U die honger, en die seer,
die swaarkry en die fear,
maar “Wie sê julle is Ek” kom vra U my keer op keer.
Nkosi Skikele’ i Afrika
Morene boloka setjhaba sa heso
God seën Suid- Afrika
Posted in
Tagged with , , , , ,

Related Posts

Recent

Archive

Categories

Tags