Frustrasie oomblikke- Deon Langenhoven

In daardie frustrasie-oomblikke…..
Ek het nou onlangs hoogs gefrustreerd geraak toe ek ‘n motor wat nog onder waarborg was, wou laat herstel. Ek moes met verskillende handelaars praat en toe uiteindelik ook met die fabrikaat-verteenwoordiger. In die proses het ek ook verskeie eposse geskryf. Op ‘n stadium het ek net tot die besef gekom dat my epos adres direk met die gemeente verbind word. En ja, uiteindelik dan ook met die kerk van Jesus….
Tydens een spesifieke gesprek, (in my beste Engels nadat ek vir dae geen terugvoer ontvang het nie), het ek gevoel my frustrasie-vlakke raak ongesond hoog! Die potensiaal was daar dat ek toe dinge kon sê wat ek later oor spyt sou wees….
Genadiglik het ek my selfbeheersing behou en ons het uiteindelik by ‘n sinvolle kompromie uitgekom, sonder dat ek spore agtergelaat het wat sou lyk soos iemand wat nie ‘n Jesus-navolger is nie.
Ek moet ook erken dat ek nie altyd so suksesvol is om in Jesus se spore van liefde te loop nie...
Wil jy nie ook opnuut besluit om te alle tye, onder die leiding van Sy Heilige Gees, Jesus-spore agter te laat waar ons ookal gaan?
Ek besef maar net weer om Jesus te volg beteken om elke dag die eie-ek aan Hom oor te gee.
Mooi week vir jou!

Recent

Archive

Categories

Tags

2019 2020 2021 God aanleer aanlyn aarde adrie aflegging afrikaners afrika antwoord app aswoensdag as bagasie belydenis berge betrokke bid black boorgat bouwerk bybel charismaties charles charle charne christenskap church community corona covide covid dankbaarheid dankbaar deon deurkollektes dieper digitaal donkie dood doopkategese doop dramaties druk ekologie ek energie engels erf familiefees familie fees finansies fokus folau francois frank frustrasie gay gebed gees gee geld geloof gelowiges gemeenskap gemeente geregtigheid gesels gesonde gesond glimlag glo gratis groei groter gr habitat heilige gees herwinning homoseksueel hoop huwelik imstaying inenting inent ingangsportaal inskryf inskrywing israel james japan jesus jeug job jonk kategese kerk kinders kind kollektes kontant koop korona korrup kos krag kruisig kruis kunstefees lamprecht langenhoven lente leraars gesels leraars livestream lives lockdown loop lydenstyd ly maklike maria masker matter media mekaar merk van dier ngkerk ng nuusflitse nuus nuut omstandighede onderwys online onseker oordeel opperman opsie B opstaan opstanding ouerskap ouers paasfees paasnaweek paulus pellissier pinkster ps 121 rasse reeks reen reis rikus ritmes rou seer seisoen selfbeheersing selfde geslag sending sien skande skool staan op stalletjie staying stil stoel suid afrika suid taak tas tattoo teenwoordig teologie tydelik tyd uitsaai vaccine verandering verlies vertrou verwarming viljoen volbring volksblad voorbeeld vrees vreugde vriendelik water wegbreek wereld wifi zinzi