Pellissier Gemeente glo...

In Pellissier gemeente is elke gemeentelid, as deel van die Pellissier geloofsfamilie, God se hande en voete in die wêreld sodat ons mekaar en ander met die gesindheid en boodskap van Jesus Christus kan bedien.
Ons glo in Jesus Christus wat gestuur is deur Sy Hemelse Vader, die God wat altyd was en is, om vir ons te kom wys wie God is en wat Liefde is.
Ons lewe in God se liefde. Ons glo jy kan ook.
Ons glo dat God ons vrymaak. Ons glo dat God ons seën. Ons glo dat God naby aan ons is.
Ons glo dat God ons roep om ander ook vry te maak, om ander te seën en om naby ander te wees, ongeag ouderdom, agtergrond, ras, taal, seksualiteit of enigiets anders waarin ons kan verskil.
Ons glo dat ons in Afrika bly. In die Vrystaat. Hier en nou is ons God se kinders vir 'n rede.
Ons glo kerk gaan oor 'n lewende dienaar van God wees in hierdie tyd.
Ons glo nie in maklike antwoorde nie.
Ons glo in familie wees.
Ons glo in God.

Pellissier en Selfdegeslag verhoudings

Die afgelope jaar is baie gesê oor selfdegeslag verhoudings in die kerk. Pellissier het 'n bapaalde reis daarmee geneem as gemeente. Lees gerus meer hieroor deur op die onderstaande skakel te click.