Getuienis bediening

Daar waar God ons stuur

As gelowiges het ons die opdrag gekry om die evangelie van Jesus Christus met ander te deel.
Pellissier se getuienis bediening fokus daarop om God se koninkryk te dien deur:

“Judea bedienings”
Uitreik na mense en instansies in en om Bloemfontein. Die verskillende bedienings groepe in die gemeente is hiervoor verantwoordelik soos bv. ons huishulp klasse, Tshepang jeugsorg sentrum en die kinderhuis.

Huishulp klasse: Handwerk- en naaldwerkklasse asook Bybelstudie word Vrydagoggende tussen 09:00 en 10:00 vir die vroue aangebied. Barbara Gaudin  -  083 500 7422

“Samaria bedienings”
Ons reik uit na ander Afrika lande deur bedienings soos Amos asook vir Julius en Kirna Hellmuth, ons sendelinge in Afrika.

“Uithoeke van die aarde bedienings”
Ons reik ook uit na ander lande.
Missie Japan: Elmar en Nadine du Rand
Pakistan sending: Aneel Yousaf


Word deel

As jy deel wil word van 'n getuienis bediening, kontak vir Rikus Hattingh en meld aan. 

Kontak Rikus