Beveiligingsgroep

Jy wil nie in die kerk sit en bekommer oor jou voertuig nie.
Daarom help ons om gemeentelede se motors veilig te hou gedurende dienste.
‘n Belangrike diens word gelewer deur lidmate wat as beveiliging optree sodat dienste met gemoedsrus bygewoon kan word.
Lidmate wat help is van elke beroep en ouderdom denkbaar.

Hierdie is werklik ‘n onbaatsugtige diens deur lidmate aan lidmate.
Jy kan hier op 'n baie praktiese manier deel word van die gemeente se bediening.
Die beveiligingsgroep spreek ook ander aspekte van veiligheid in en om die kerk en die kerkkantoor aan en lewer ‘n diens waarsonder daar nie meer in die huidige misdaadomstandighede klaargekom kan word nie.