Ons is Pellissier

In Pellissier gemeente is elke gemeentelid, as deel van die Pellissier geloofsfamilie, God se hande en voete in die wêreld sodat ons mekaar en ander met die gesindheid en boodskap van Jesus Christus kan bedien.”
‘n Relevante gemeente in ‘n wêreld wat verander- op só 'n manier dat ons Skrif-getrou bly.  Dit is vir ons belangrik dat almal moet deel voel van die Pellissier-geloofsfamilie. ’n Familie waar jy kan tuis voel, kan bedien en ook geestelik versterk en toegerus kan word. Ons gaan jou uitdaag en uitstuur om 'n verskil in die wêreld te maak! In Pellissier glo ons dat die Here ons seën om vir ander tot seën te wees

Kantoor ure

Maandag - Vrydag: 8:00 - 13:00
051 422 4917