HUISWERKERSBEDIENING

Hierdie bedieningsgroep reik uit na huiswerkers  EN ander vroue van ons omgewing op Vrydagoggende tussen 9h00 en 10h00 in die keldersaal van die kerk. Bybelstudie, (tans word Veritas College Module 1 aangbied), naaldwerk,handwerk en kookklasse word onder andere aangebied. Die vroue reik ook uit na ander mindergegoedes in die gemeenskap soos Lorrainne’s Haven, ‘n versorgingsoord vir so 15-20 bejaardes op die Bloemspruitplotte.

Barbara Gaudin
083 500 7422