Belydenis Aflegging

OPENBARE BELYDENIS VAN GELOOF

Belydenis was nog altyd ‘n spesiale geleentheid in ‘n jongmens se lewe. Dis ‘n geleentheid om te antwoord
op God se roepstem wat ons reeds met ons doop hoor.  Dit ‘n kans om te getuig van dit wat ons glo as
kinders van God en om aan te meld vir diens in die huisgesin waarin God ons laat grootword het.

Om seker te maak dat ‘n jong gelowige ten volle weet wat hierdie beloftes aan God behels is dit die gemeente
se verantwoordelikheid om seker te maak hulle is goed voorbereid en ingelig daarvoor.
Daarmee saam is dit ‘n geloofspad wat hulle voorberei om met meer as net hulle woorde te bely wat hulle glo-
om te help vorm aan lewens wat elke dag getuig van die wonderlike God in wie ons glo.

HOE WERK DIT?

Belydenis 23 is ’n volledige jaar van voorbereiding wat mentorskap, kamp, toerustings geleenthede en ouer aande insluit.
’n Jong gelowige wat belydenis wil aflê in 2023 skryf in vir ’n belydenisjaar voor 30 Januarie 2023.
In samewerking met ouers, mentors van die Gemeenteraad en gefokusde toerusting en opleiding word
almal wat ingeskryf is vir die jaar begelei om teen die einde van die jaar of vroeg die
volgende jaar ’n ingeligte besluit te neem ten opsigte van belydenis aflegging.
Kan iemand wat einde 2023 of vroeg in 2024 belydenis wil aflê later gedurende 2023 nog inskryf daarvoor?
Ongelukkig nie- die belydenisjaar is ’n jaar program waarvoor daar vroegtydig ingeskryf moet word.

WAT BEHELS DIT?

•Gesprekke met mentors uit die gemeente wat vooraf met mekaar gereël word.
•’n Leer-mekaar-ken geleentheid saam met die GR (Gemeenteraad).
•’n Verwelkomings diens vroeg in die jaar tydens ’n erediens.
•4 Toerustings aande deur die jaar waarby die ouers ook is.
•Betrokkenheid by die Jong eredienste.
•Uitreik geleenthede waarvan die groep deel is.
• Kategese (indien die kategese tot graad 11 nog nie afgehandel is nie.).

WIE KAN INSKRYF?

•Enigeen wat reeds twee volledige jare van ons senior kategese deurloop het wat
in graad 7 begin. Dit beteken enige kind graad 9 of ouer kan inskryf daarvoor.

•Iemand graad 9 of ouer wat van ’n ander gemeente oorkom wat ’n getuigskrif
het van hul vorige gemeente oor hul betrokkenheid in die vorige twee jaar.

Die program duur ’n volle jaar waarna lede daarvan die keuse kan hê
om openbare belydenis van geloof af te lê indien die jaar voltooi is.

OM IN TE SKRYF VOLG DIE SKAKEL: