Pellissier Media

Preek video/ Uitsendings

Kyk gerus na ons nuutste erediens hier. Die nuutste eredienste asook 'n volledige lys van ouer dienste is beskikbaar op Facebook of Youtube.

DVD's

Tydens die oggenddienste word dvd-opnames gemaak van preke en verrigtinge. Tydens die verrigtinge word dit ook direk op die skerm van die kapel geprojekteer vir persone wat die diens daar wil volg. Veral ouers met kleiner kinders wat nie van die moederskamers gebruik wil maak nie vind hierdie reëling baie gemaklik. Kleiner kinders kan op die vloer sit en speel terwyl die diens op die skerm gevolg word.
DVD’s is beskikbaar van dienste en geleenthede en kan deur belangstellendes by die inligtingsentrum teen R30 per DVD bestel word. Bestelde DVD’s is die volgende Sondag gereed en kan deur die besteller weer by die inligtingsentrum afgehaal word.
Kontak: Basie Botha
Sel:  082 777 2211

Tutorial Videos

Maak die beste gebruik van ons Pellissier Gemeente App. Hier is vier videos wat sal help om die app effektief te gebruik.
1. Basiese gebruik
Hoe die app werk, hoe om dit op te laai en wat jy alles hierop sal kry.
2. Notifications
Hoe om jou notifications effektief te laat werk vir jou om te verseker jy kry al die relevante inligting.
3. Inbox
Wat lê alles in jou inbox, hoe kry jy dit en hoekom dit nodig is.
4. Notas
Waarvoor gebruik ons notas en hoe jy daarvoor inskryf.