Omgeegroepe

Hoekom groepe?

Ons kan nie ander bedien as ons self nie geestelik gevul word nie.
Daarom het ons gemeente omgeegroepe wat gereeld bymekaar kom om mekaar te versterk en saam te groei.  Daar is 'n groot verskeidenheid omgeegroepe vir alle lewensfases, waar gesinne van God werklik ‘n stuk gesin-wees kan beleef.

Ons omgeegroepe is gebaseer op die volgende:
•             1. Aanbidding – musiek en sang
•             2. Gemeenskap- Deel lief en leed
•             3. Dissipelskap- Verdiep in die Bybel
•             4. Bediening- Reik uit na ‘n plek/mense
•             5. Evangelisasie- Buitelandse sending

'n Groot deel van die primêre geestelik versorging van ons gemeente vind in omgeegroepe en ander klein groepe plaas. Wees deel van God se huisgesin in ‘n omgeegroep..

Omgeegroep Materiaal

Kry al die nuutste omgeegroep stukke vir gebruik in die groepe sowel as vir gesins-godsdiens in die huis deur die Pellissier Gemeente app. Jy kan daar onder "Weeknuus" (Kyk onder die "Omgeegroep stukke" afdeling) al ons Pellissier Huis stukke kry.

Word deel

As jy deel wil word van 'n formele of informele omgeegroep, kontak vir Charles James en meld aan. 

Kontak Charles