Ek is nuut

Welkom

Pellissier Gemeente is waar mense Jesus kan ontmoet,  deel kan wees van lewegewende gemeenskap en almal is welkom. Ons glo daarin dat ons as gelowiges vir mekaar en die wêreld Jesus moet leef, ons gawes ontdek en dit moet aanwend in die Koninkryk. 

Wanneer ons bymekaar kom

Ons het in persoon eredienste en aanlyn eredienste.

Sondae oggende

8:00 en 9:30
9:30 am (ook uitgesaai)

Sondae aande

6:30 pm (ook uitgesaai)
Tydens vakansies en lang naweke is daar slegs 'n 9:00 oggend erediens. Die uitsending is steeds om 9:30.

Wat om te verwag

Almal is welkom.
Afrikaans/Engels, wit/swart/bruin/blou en pienk. Straight/gay/iets anders. Oud/jonk. Christen/nie-so-seker-nie. Jy. Jy is welkom.
'n Tipiese diens is 'n uur lank. Ons sing splinternuwe liedere en ou bekendes- Afrikaans en Engels- gelei deur ons toegewyde musiek bedienings span. Trek gemaklik aan- ons hou van jou nes jy is- kortbroek of das en pak- jy is welkom soos jy gemaklik is.
As jy kinders het- daar is kinderkerk en groepe vir babas tot graad 6 kinders tydens die dienste. Kuier asb voor en na dienste saam met ons en kom drink 'n koffie- hier is hartlike mense met wie jy lekker kan gesels.

Hoe om ons te kontak

Ons sal graag van jou wil hoor- vul die onderstaande in en ons kontak jou.