Diverse plekke...

Tussen 23 en 35 is ons op 'n klomp verskillende plekke. Party van ons studeer nog... party werk al... party is getroud en ander nie. Van ons het al 3 kinders en ander kan nie 'n potplant aan die lewe hou nie. Party van ons is al op ons tweede loopbaan en studeer dalk al weer.

Een hoop...

Of dit die regte studie rigting is, die regte loopbaan, die regte lewensmaat of hoe om ons kinders groot te maak, ons almal wil in hierdie tyd van ons lewe seker maak ons volg God getrou, leef regtig ons geloof uit en word die tipe mense wat God wil hê ons moet wees.
Daarvoor het ons God, die Woord en mekaar nodig.
23/35 is 'n reeks bedienings wat fokus op die moeilike vrae wat ons in hierdie fases van ons lewe vra en 'n gemeenskap wat mekaar verstaan en ondersteun.
As jy tussen 23 en 35 is kom word deel daarvan en ontdek 'n plek waar jy kan groei, kan leef, kan wees.

Word deel

As jy deel wil word van die 23/35 bediening, kontak vir Charné Viljoen. 

Kontak Charné