God gebruik jou nou! Charné Viljoen

So oor die naweek gesels ek met een van my nabye vriende en hy getuig toe ‘n bietjie oor sy eie lewe. Hy gaan tans deur ‘n baie moeilike tyd, soos baie van ons, as gevolg van Covid. Vir hom is dit besonders moeilik, want hy het laasjaar met sy studies klaar gemaak en van daar af het hy nog nie ‘n werksaanbod ontvang nie. Sy CV word van die een na die ander plek sirkuleer, maar daar is net niks.
Deur die loop van die gesprek sê hy iets wat my amper die res van die gesprek laat mis het, want hierdie woorde het my tot stilstand gebring.
“God wag nie tot jou moeilike omstandighede verby is, voordat God jou gebruik nie.”
Vir ‘n oomblik moes ek mooi dink wat hierdie vriend besig is om vir my te sê. Ek besef toe dat ons soms vasgevang word deur die swaar en uitdagings van die lewe. Ons probeer so hard om net kop bo water te hou dat ons vergeet dat ons deel van iets groter is. Soms voel ons soos een groot mislukking wanneer dinge nie uitwerk nie. Soms is die lewe eenvoudig net moeilik.
Deur dit alles is God egter by ons. God stap saam met ons die pad en waar die geleentheid hom voordoen, wil God vir my en jou steeds gebruik om Sy liefde aan die wêreld te openbaar.
Ek wil jou uitnooi om in hierdie uitdagende tye jou oë op God gevestig te hou, juis sodat jy kan sien waar God jou steeds kan gebruik.
“For it is by giving that we receive” – St. Francis van Assisi
Charné Viljoen

Recent

Archive

Categories

Tags

2019 2020 2021 God aanleer aanlyn aarde adrie aflegging afrikaners afrika antwoord app aswoensdag as bagasie belydenis berge betrokke bid black boorgat bouwerk bybel charismaties charles charle charne christenskap church community corona covide covid dankbaarheid dankbaar deon deurkollektes dieper digitaal donkie dood doopkategese doop dramaties druk ekologie ek energie engels erf familiefees familie fees finansies fokus folau francois frank frustrasie gay gebed gees gee geld geloof gelowiges gemeenskap gemeente geregtigheid gesels gesonde gesond glimlag glo gratis groei groter gr habitat heilige gees herwinning homoseksueel hoop huwelik imstaying inenting inent ingangsportaal inskryf inskrywing israel james japan jesus jeug job jonk kategese kerk kinders kind kollektes kontant koop korona korrup kos krag kruisig kruis kunstefees lamprecht langenhoven lente leraars gesels leraars livestream lives lockdown loop lydenstyd ly maklike maria masker matter media mekaar merk van dier ngkerk ng nuusflitse nuus nuut omstandighede onderwys online onseker oordeel opperman opsie B opstaan opstanding ouerskap ouers paasfees paasnaweek paulus pellissier pinkster ps 121 rasse reeks reen reis rikus ritmes rou seer seisoen selfbeheersing selfde geslag sending sien skande skool staan op stalletjie staying stil stoel suid afrika suid taak tas tattoo teenwoordig teologie tydelik tyd uitsaai vaccine verandering verlies vertrou verwarming viljoen volbring volksblad voorbeeld vrees vreugde vriendelik water wegbreek wereld wifi zinzi