Pellissier Community - Engelse diens

Nuwe Engelse bediening
2020 was ’n vreemde jaar! ’n Jaar van uitdagings maar ook ’n jaar van wonderlike geleenthede! Een so ’n geleentheid is die moontlik maak van ’n digitale Engelse bediening. Vanaf Sondag 7 Februarie om 09:00 gaan daar naas die Afrikaanse erediens ook ’n kort Engelse erediens uitgesaai word en vanaf Woensdag 10 Februarie om 20:00 ’n weeklikse Engelse oordenking. 
Die uitsendings sal op ons YouTube kanaal “Pellissier Community” beskikbaar wees.
Die bedoeling met die Engelse bediening is nie om Engelse lidmate van ander gemeentes te bedien nie, maar om hulle te bereik wat God nog nie ken nie, of wat kerklos geword het.
Ons sal die skakels na die eredienste en aand-oordenkings na soveel as moontlik van ons eie lidmate via WhatsApp versprei (WhatsApp asb. jou naam en van en die woorde “Engels” na 0740362005). Die doel van die skakel na die eredienste en oordenkings is om ’n boodskap in jou hand te plaas wat jy met ’n buurman of iemand by die werk wat nie Afrikaans magtig is nie, kan deel. Die beste manier om iemand met die evangelie te bereik, is om eers vriendskappe te bou en vanuit daardie verhoudings kan die skakels na die Engelse eredienste en oordenkings gedeel word. 
Ons sien uit na ’n wonderlike evangelisasie avontuur en kan nie wag om julle getuienisse te hoor nie!
Pellissier groete,
Charles James

Related Posts

Recent

Archive

Categories

Tags