Jeug Inskrywings - Charné Viljoen

Hallo aan al ons Pellissier Kinders en ouers!
Dit is 2021 en ons sien verskriklik baie uit na die jaar wat voorlê! Ons is nie 100% seker oor hoe hierdie jaar gaan lyk en wanneer ons julle weer gaan sien nie, maar daar is 2 goed waaroor ons wel seker is: 1. God is lief vir jou en Hy is by jou. 2. Ons mis julle!
Vir tyd en wyl wil ons graag in kontak kom met alle ouers van die Pienkvoet bediening tot by Graad 11. Ons wil jou as ouer dus vra om jou kind aanlyn te registreer vir die jaar wat voorlê. Jy kan op Pellissier Gemeente se webtuiste gaan soek na “VORMS.” Onder “VORMS” sal jy “JEUG OMGEEGROEP/KATEGESE” vind waar jy dan jou kind/ers kan registreer vir die jaar. Ons vra egter dat ALLE kinders AANLYN geregistreer moet word. Ons sal dan vanaf hierdie platvorm met julle kommunikeer aangaande kategese en die jaar wat voorlê.
Ons gaan hierdie jaar ons beste gee en ons wil jou vra om ook jou beste te gee dat ons mekaar kan help en ondersteun regdeur hierdie jaar!
Ons sien uit na alles wat vir die jaar voorlê en ons wil dit saam met julle aanpak! Baie sterkte met die skool wat amper gaan begin en geniet die laaste paar dae van vakansie! Rus lekker!
Ons sien daarna uit om saam met julle die lewe aanpak!
Groete.
Charné Viljoen
Posted in
Tagged with , , ,

Related Posts

Recent

Archive

Categories

Tags