God is groter... Francois Lamprecht

Ek staan vanoggend en wag by die polisiestasie. Al weer is iets gesteel- verklarings, saaknommers, versekering – Suid- Afrika strikes again! Jy weet hoe gaan dit.
Eintlik kan ek nie kla nie, die ou agter die counter praat mooi met my pa- ons word goed gehelp. Agter my stap ‘n man en vrou in, Afrikaners soos ons, en die dame agter die toonbank vra hulle om by die deur te wag want die klein kamer is reeds vol, Covid en social distancing... En daar wip daai man vir hom! Hy storm by sy vrou verby en skree: “Kom, ek het nie tyd vir hierdie f..... mense nie, f.. hulle! Ek f..... ry!” Sy kyk skamerig rond en probeer: “Maar ons het ‘n saaknommer nodig?”. Hy gooi nog ‘n paar f-woorde en klim in sy kar, sy gaan op ‘n drafstap agterna om nie agter gelos te word nie.
Ek staan verbaas ek kyk hulle aan...en ek sien myself... en dis nie lekker nie. Ek sukkel soms om my humeur in toom te hou. Die laaste ruk werk ek hard daaraan en dit gaan goed. Hoekom? Want ek hou ‘n paar goed voor oë:
  • God is groter.
  • Wat moet my lewe rig? Woede of liefde? Jy is dalk beter as ek, maar vir my is dit net hierdie opsies. Ek het nie ‘n tussenin setting nie. As ek nie God se liefde voor oë hou nie verval ek in uiterste haat en bitterheid en almal om my beleef dit.
  • Ek moet kyk na myself. Ek het ‘n vrou en kinders. Ek wil daar wees vir hulle. Hulle is belangriker as wat gesteel is/ wat gesê is/ wie voor my ingery het.
  • Hierdie is nie my huis nie. Ons lewe hier is tydelik en my besittings is nog meer tydelik. As ek te geheg raak daaraan is dit nie die wêreld se skuld nie, dis myne. Ek vergeet soms dat die lewe saam met God oor meer as lekker leef, besittings, gemak, ens. gaan. Die onreg help my onthou dat hierdie net die onvolmaakte tydelike is.
  • God verwag meer van my ten spyte van wat ander doen. As my gedrag ander se swakste gedrag net reflekteer het ek weliswaar verloor in die lewe en is ek ‘n skande vir Christenskap.
  • Vergeet van “sê nou maar”. Ek kan myself mal maak met “sê nou maar’s” soos: “Sê nou maar my pa het die dief betrap?” en “Sê nou maar my kind was in die straat toe daai ou oor die stopstraat gejaag het?” Al wat ek regkry is om myself kwater en kwater te maak oor die goed wat nie gebeur het nie eerder as om te sê: “Here, dankie dat dit nie erger was nie.”
  • Laastens, maar baie belangrik: God is groter! Oor en oor moet ek myself herinner. Hy sal geregtigheid laat geskiet. Hy sal oordeel. Hy sal beskerm. Hy sal voorsien. Hy sal my in die perfekte, pragtige, veilige, regverdige, vleklose, liefdevolle ewigheid laat deel.
Ek en jy moet net vashou.

Recent

Archive

Categories

Tags

2019 2020 2021 God aanleer aanlyn aarde adrie aflegging afrikaners afrika antwoord app aswoensdag as bagasie belydenis berge betrokke bid black boorgat bouwerk bybel charismaties charles charle charne christenskap church community corona covide covid dankbaarheid dankbaar deon deurkollektes dieper digitaal donkie dood doopkategese doop dramaties druk ekologie ek energie engels erf familiefees familie fees finansies fokus folau francois frank frustrasie gay gebed gees gee geld geloof gelowiges gemeenskap gemeente geregtigheid gesels gesonde gesond glimlag glo gratis groei groter gr habitat heilige gees herwinning homoseksueel hoop huwelik imstaying inenting inent ingangsportaal inskryf inskrywing israel james japan jesus jeug job jonk kategese kerk kinders kind kollektes kontant koop korona korrup kos krag kruisig kruis kunstefees lamprecht langenhoven lente leraars gesels leraars livestream lives lockdown loop lydenstyd ly maklike maria masker matter media mekaar merk van dier ngkerk ng nuusflitse nuus nuut omstandighede onderwys online onseker oordeel opperman opsie B opstaan opstanding ouerskap ouers paasfees paasnaweek paulus pellissier pinkster ps 121 rasse reeks reen reis rikus ritmes rou seer seisoen selfbeheersing selfde geslag sending sien skande skool staan op stalletjie staying stil stoel suid afrika suid taak tas tattoo teenwoordig teologie tydelik tyd uitsaai vaccine verandering verlies vertrou verwarming viljoen volbring volksblad voorbeeld vrees vreugde vriendelik water wegbreek wereld wifi zinzi