God, geld en gee

God en geld.
Ons praat elke dag oor geld. By die werk. By die huis. By vriende. Ons lees daaroor, luister daarna en bly op hoogte met die nuutste nuus daaroor.

Maar dan kom ons kerk toe...

Ewe skielik is ons ongemaklik oor geld gesprekke. Wanneer ons hoor die kerk praat oor geld is mense skielik kriewelrig, so asof die kerk nie mag praat oor geld en besittings nie- die onderwerp waaroor God meer praat in die Bybel as geloof en gebed saam.

Ek lees die volgende van ‘n skrywer wat Jesus se uitsprake oor besittings bestudeer het: “As jou Christenskap nie tot by jou geld uitkom nie- is dit nie Christenskap nie.”. God is baie duidelik daaroor dat ons geseën is om ander te seën en dat hoe ons leef met ons geld ten nouste ‘n saak met God en kerk is.

En laat ek dit baie duidelik stel: Ons gee nie sodat ons geseën kan word nie- ons gee omdat ons reeds geseën is. ‘n Gesonde kerk is veronderstel om gereeld oor geld te praat. ‘n Gesonde Christen is veronderstel om geen ongemak hieroor te beleef nie. God wil graag hê dat ons met groot vrede oor ons besittings saam kan leef en ‘n impak op ons wêreld hê.
Aangeheg hier onder is ‘n kort lysie van wat jou kerk- die NG Kerk- jaarliks in ons land doen met geld.
DIENSTE GELEWER DEUR NG KERKLIKE MAATSKAPLIKE DIENSTE
  • Die kerk se gespesialiseerde barmhartigheidsdienste is vanjaar aan meer as 1,2 miljoen mense gelewer, bly uit die verslag aan die sinode.
  • In 107 Tuistes vir bejaardes word 12 388 bejaardes versorg. ‘n Verdere 191 765 persone word in tuisversorging en uitreikprogramme bereik.
  • Vanuit 58 Kinder- en Jeugsorgsentrums word 8 777 kwesbare kinders versorg. ‘n BykomEnde 13 000 kinders in die gemeenskap word deur kinderbeskermingsorganisasies beskerm.
  • Jaarliks word aan meer as 822 818 indiwidue binne en buite die familieverband gesinsorgdienste gelewer.
  • Die gesamentlike finansiële omset van al die kerklik maatskaplike dienste beloop jaarliks meer as R1 161 963 000 (meer as R1,1 miljard).
Posted in
Tagged with , , , ,

Related Posts

Recent

Archive

Categories

Tags