Bid vir mekaar - Charles James

Iemand maak die volgende opmerking teenoor my: “Gebed kan so "mediocre" wees dat ons uiteindelik niks regtig verwag nie...” en hy lees toe die volgende woorde vir my:
“I had access to the Creator and Sustainer of the universe. The Great I am. The Alpha and the Omega. The Beginning and the End. The all-powerful, ever-present, all-knowing God who can send fire from heaven, shut the mouths of hungry lions, or calm a raging storm. And all I asked him to do was keep me safe and help me have a good day.” – Outeur onbekend
Ek dink toe onwillekeurig aan my eie gebedslewe. Ek dink aan tye waar ek God met wonderwerke vertrou het. Die tyd toe ons as groep studente elke môre om 05:00 in die koshuis bymekaar gekom het om vir my pa te bid – en die wonderwerk wat drie maande later in sy lewe gebeur het. Maar ek onthou ook die tye wat my gebedslewe vervlak het tot selfsugtige gebedsversoeke.
Wanneer ons gevra word om vir mekaar te bid, help dit ons om ander se belange bo ons eie te stel (die gesindheid wat Jesus vir ons kom modelleer het). Wanneer ons ander mense deur God se oë sien en hulle liefhet soos God ons liefhet, bid ons opreg. ‘n Beeld (met sy terkortkominge!) wat my help wanneer ek vir ander bid, is dat ek in my geestesoog sien dat my gebed ‘n ruimte skep waarbinne die Heilige Gees in die persoon se lewe kan werk.
Mag ons vir mekaar bid met die verwagting dat God baie meer kan doen as wat ons ooit kan dink of begryp!
ONTHOU SONDAG 23 FEBRUARIE VIER ONS NAGMAAL IN AL ONS EREDIENSTE
Charles James

Related Posts

Recent

Archive

Categories

Tags