Mekaar - Rikus Hattingh

Ons as Gemeente is nou in ‘n seisoen van “dieper”. As deel van ons “dieper” reis het ons verskillende ritmes ontwikkel.
Tans is ons besig met die “community” ritme (bord/mes en vurk). As deel van die ritme is ons besig met die “mekaar” tekste in die Bybel.
Die vraag wat ek myself gereeld afvra is: “maak dit ‘n verskil in mense se lewens?”
Nou hier is die uidaging: Op papier en Sondae in die kerk lyk al die ritmes te pragtig. As jy egter nie die ritmes prakties in jou lewe gaan inoefen nie, dan is dit maar net nog iets waarvan jy weet, maar dit verander niks. Baie mense weet baie van die comrades af, maar jy moet dit self hardloop om te verstaan wat dit regtig is. Ek wil jou uitdaag om elke dag se ritme prakties in jou lewe te begin inoefen. Ek moet baie hard aan myself werk dat hierdie ritmes nuwe breinpaadjies in my kop vorm.
Kom ons kyk of ons hierdie mekaar tekste waarmee ons besig is prakties kan begin uitleef:
Wees gasvry teenoor mekaar
Ons het mekaar nodig..
Vermaan mekaar
Bid vir mekaar
Was mekaar se voete
Dra mekaar se laste
Aanvaar mekaar se uniekheid
Julle sien: Op papier is hierdie die mooiste woorde. As die wereld dit nie in ons lewe gaan sien nie, beteken hierdie mooi woorde niks. Is jy bereid om saam met my te werk om nuwe breinpaadjies te vorm dat ek en jy deur die werking van die Heilige Gees verander kan word?
As jou antwoord “ja” is – Begin vandag. Een klein treetjie op ‘n slag..
Saam is ons beter..
Ons is die verandering wat nodig is..
Blessings
Rikus Hattingh
Posted in
Tagged with , ,

Related Posts

Recent

Archive

Categories

Tags