Ouers en kinders - Francois Lamprecht

Jesus, dankie vir... so begin amper elke gebed wat my 4 jarige bid.
Dis ter selfde tyd ‘n ontsettende geskenk en ‘n verskriklike ding om jou kind te hoor bid. Jy sien jou eie gebedslewe meer opreg as wat jy graag vir jouself sou wou voorgee. Dieselfde met jou verhouding met God en natuurlik met jou verhouding met jou Bybel.
Jou kinders gaan reflekteer wat jy leef.
Vir baie jare word navorsing gedoen oor die rolspelers in die geestelike ontwikkeling van kinders. Raai wie is die grootste invloed daarop- nie die kerk nie. Nie hulle vriende nie. Hulle ouers.
Meer as enigiemand anders is dit ouers wat vir hulle kinders leer oor God en hoe ons leef in ‘n verhouding met Hom of nie.
As jou gebede leë rympies is wat maar net dieselfde gewoonte herhaal moenie verwag dat jou kind dit as ‘n gesprek met ‘n lewende God sal verstaan nie.
As jou Bybel lees karig en geforseerd is kan jy nie verwag dat hulle daarin die lewende stories van die lewende God gaan soek nie.
As jy Sondag geïrriteerd jouself kerk toe sleep want “dis wat ons moet doen”, moenie dink jou kind gaan opgewonde daaroor wees nie.
Ons is as ouers verantwoordelik daarvoor om nie ons kinders lessies oor God te leer nie, maar om vir hulle ‘n lewe in God se teenwoordigheid te wys. Nou in lockdown is dit nog meer so omrede die kerk nie nou jou kind kan druk om ‘n kategese groep by te woon en so die onderrig namens die huis kan doen nie. Die kerk verskaf die materiaal. Die kerk skep die geleentheid, maar die kerk kan hulle nie daar kry nie. It’s down to you, ouer. Dis jy wat vir hulle gaan wys hoe belangrik dit is.
Ek sou sê sterkte, maar dis nie regtig moeilik nie. Dit vat ‘n bietjie tyd en ‘n bietjie toewyding.
Posted in
Tagged with , , , ,

Related Posts

Recent

Archive

Categories

Tags