Nuwe Energie! - Deon Langenhoven

Hoe voel jy na twee maande van “lock-down”?
Is jou lewenskrag dalk minder as wat jy graag wil hê dit moet wees?
Ek lees in 2 Timotheus 4 vers 17 oor die naweek die volgende: “Maar die Here het my nie alleen gelos nie. Hy was by my en het my krag gegee”.
Dit is so wonderlik om net weer in hierdie tyd herinner te word dat die Heilige Gees wat in ons as God se kinders woon, ook ons kragbron is!
Wat moet ek dan doen as ek kragteloos voel? Eerstens is dit belangrik om dit te erken en met die Heilige Gees in ons daaroor te gesels, dws daaroor te bid.
Ons moet Hom ook erken as die volmaakte kragbron en Sy hulp vra. As dit nodig is kan ons gereeld vra vir krag. Ons kan byvoorbeeld as ons opstaan in die oggend in gebed stil word en vra vir krag. So ook aan die einde van die dag dankie sê vir die krag wat ons ontvang het en vra vir krag vir die volgende dag…..
Ek glo jy het ook al geleer dat ons partykeer net iets moet begin waarteen ons baie opsien…. Deur die eerste tree in geloof te gee en God te vertrou vir krag vir die volgende tree en om dan aan te hou, kan ons dinge wat soos berge voor ons lê, baasraak!
Let ook ‘n slag mooi op wat is dalk daardie dinge wat die energie-diewe is in jou lewe? Gedagtes van bekommernisse en vrese is byvoorbeeld dinge wat ons energie steel en ons moeg maak…..
Mag jy hierdie week ervaar dat die krag van die Heilige Gees jou dra en mag jy Sy vrede en vreugde ervaar!
Geseënde week vir jou!
Deon
Posted in
Tagged with , , , ,

Related Posts

Recent

Archive

Categories

Tags