Koop jou kind se taak- Francois Lamprecht

Koop jou kind se taak

Ek lees vandag van mense wat vir hulle kinders skool take koop. Ja, daar is mense wat geld maak daaruit om vir jou kind hul werkstuk te skryf.

Jy koop dit.
Jou kind sit haar of sy naam op dit.
Gee dit in.
Noem dit hul eie werk.
Kry punte daarvoor.
Nie mense vêr van ons af nie.
Ons kinders.
Ons skole.

Hoe voel jy oor korrupsie wat miljoene mense se toekomste steel? Hoe voel jy oor mense wat sterf aan geneesbare siektes omdat die geld vir hospitaalbeddens gesteel is? Ons baklei daaroor, braak gal daaroor, vloek daaroor en bid daaroor... “Here, mag hulle gestraf word”...

As ouer bou jy die pad waarop jou kind gaan loop in die lewe. Hulle gaan jou voorbeeld volg nog lank na jy gesterf het- laat dit ‘n goeie een wees. Moet hulle nie leer lieg en steel vir ‘n paar punte op skool nie.

Dit laat my dink aan Spr. 11:3
Die opregtheid van eerlike mense bepaal hulle koers;
Die valsheid van onbetroubares bring hulle ondergang.

Moenie hoop vir ‘n eerlike samelewing as jy kinders grootmaak wat nie daar sal inpas nie.

Leer jou kind om nie te lieg nie.
Leer jou kind om nie te steel nie.
Leer jou kind om te werk vir wat hulle wil bereik.
Leer jou kind om eerlik te wees selfs al kos eerlikheid jou iets. Selfs al is dit ongemaklik. Selfs al het jy nie tyd daarvoor nie.

Hulle sal jou ewig dankbaar wees daarvoor.

Recent

Archive

Categories

Tags

2019 2020 2021 God aanleer aanlyn aarde adrie aflegging afrikaners afrika antwoord app aswoensdag as bagasie belydenis berge betrokke bid black boorgat bouwerk bybel charismaties charles charle charne christenskap church community corona covide covid dankbaarheid dankbaar deon deurkollektes dieper digitaal donkie dood doopkategese doop dramaties druk ekologie ek energie engels erf familiefees familie fees finansies fokus folau francois frank frustrasie gay gebed gees gee geld geloof gelowiges gemeenskap gemeente geregtigheid gesels gesonde gesond glimlag glo gratis groei groter gr habitat heilige gees herwinning homoseksueel hoop huwelik imstaying inenting inent ingangsportaal inskryf inskrywing israel james japan jesus jeug job jonk kategese kerk kinders kind kollektes kontant koop korona korrup kos krag kruisig kruis kunstefees lamprecht langenhoven lente leraars gesels leraars livestream lives lockdown loop lydenstyd ly maklike maria masker matter media mekaar merk van dier ngkerk ng nuusflitse nuus nuut omstandighede onderwys online onseker oordeel opperman opsie B opstaan opstanding ouerskap ouers paasfees paasnaweek paulus pellissier pinkster ps 121 rasse reeks reen reis rikus ritmes rou seer seisoen selfbeheersing selfde geslag sending sien skande skool staan op stalletjie staying stil stoel suid afrika suid taak tas tattoo teenwoordig teologie tydelik tyd uitsaai vaccine verandering verlies vertrou verwarming viljoen volbring volksblad voorbeeld vrees vreugde vriendelik water wegbreek wereld wifi zinzi