Pellissier Gemeente en Korona

Pellissier Gemeente en Korona virus
Liewe vriende, die feit is dat die virus reeds besig is om in Suid-Afrika te versprei (teen die tyd wat hierdie brief geskryf is, was daar reeds meer as 60 gevalle van die Korona virus (CoVid-19) in Suid-Afrika aangemeld) en het reeds ’n baie groot impak op die wêreld ekonomie het. Daar is twee moontlike reaksies waarteen ons moet waak – ’n oordrewe paniek wat maak dat ons emosionele besluite neem en in vrees begin lewe. As gelowiges is ons geloof en hoop mos in God Drie-enig geanker! Die ander reaksie is een van ontkenning wat ’n onverantwoordelike reaksie is.
Martin Luther se woorde tydens ’n vorige pandemie (“The Black Death”), wat byna 60% van Europa se populasie uitgewis het, kan ons  dalk help om die balans te vind:
"I shall ask God mercifully to protect us. Then I shall fumigate, help purify the air, administer medicine and take it. I shall avoid places and persons where my presence is not needed in order not to become contaminated and thus perchance inflict and pollute others and so cause their death as a result of my negligence. If God should wish to take me, he will surely find me and I have done what he has expected of me and so I am not responsible for either my own death or the death of others. If my neighbor needs me however I shall not avoid place or person but will go freely as stated above. See this is such a God-fearing faith because it is neither brash nor foolhardy and does not tempt God."  
Sondagaand 15 Maart het president Cyril Ramaphosa ’n Nasionale Ramptoestand aangekondig. Sekere maatreëls is ingestel. Alle skole sluit Woensdag 18 Maart en sal eers weer na Paasnaweek open. Alle byeenkomste waar 100 of meer mense teenwoordig is, word verbied. Die rede is om minder mense te hê wat op dieselfde tyd geïnfekteer word (die volgende artikel demonstreer dit baie goed):
https://www.washingtonpost.com/graphics/2020/world/corona-simulator/
 
Hierdie maatreël raak o.a. ons eredienste, groot begrafnisse, groot kursusse en die familiefees.
Ons as leraars asook die Gemeente Raad glo dat hierdie uitdaging ’n geleentheid is om dieper te groei in ons verhouding met God, mekaar en ander. Ons sal so goed as moontlik met die hele gemeente kommunikeer rondom die effektiewe voortsit van die bediening en ondersteuning aan lidmate.
Die volgende reëlings is nou van toepassing:

OGGENDEREDIENSTE:
Vanaf Sondag 22 Maart sal ’n ons erediens om 09:00 beeldsend (“livestream”). Dit sal op ons Gemeente App (indien jy die App wil aflaai, soek “Pellissier gemeente” op die foon se App store of gaan na die gemeente se webblad -  http://www.ngkerkpellissier.co.za/), ons Facebook-blad (Pellissier Gemeente)  en Youtube kanaal (Pellissier Gemeente) beskikbaar wees. Ons sal elke Sondag tot en met Sondag 12 April ons oggend erediens om 09:00 uitsaai. Ons versoek u dus vriendelik om nie in hierdie tydperk (22 Maart tot 12 April) eredienste by te woon nie, maar wel deel te neem aan die beeldsending by jou huis.
 
JONG EREDIENSTE 
Sondag 22 Maart en Sondag 29 Maart sal daar geen Jonk eredienste wees nie. Vanaf Sondag 5 April sal die Jonk erediens om 18:30 uitsaai. Teen Sondag 12 April sal ons weer kommunikeer oor hoe ons dienste gaan hanteer.
KINDER- EN JEUGBEDIENING:
 
Vir die duur van die skoolvakansie (19 Maart tot 13 April) is daar geen jeug- en kinderbediening en kategese nie.

KURSUS SEKSUEEEL GESONDE KINDERS:
Die kursus word gebeeldsend op die gemeente se onderskeie platforms. Ons vra jou om asb. nie Woensdagaand kerk toe kom nie.

FAMILIEFEES:
Die Familiefees van 3 April word uitgestel. Daar sal wel nog vleis en kos verkope op bestelling wees. Die detail hoe die bestellings werk, sal spoedig deurgegee word.

PAASFEES:
Die Paasfees eredienste sal gebeeldsend word. Die kruisstasies gaan nie hierdie jaar plaasvind nie. Ons sal kreatiewe materiaal en idees beskikbaar maak om jou te help om steeds ’n spesiale belewenis tydens die Paastyd te hê.
 
DANKOFFERS:
Tydens hierdie tyd van isolasie wil ons jou vriendelik versoek om steeds jou dankoffer getrou te gee.
Jy kan op die volgende manier bydra:
EFT (bankbesonderhede op kalender of webwerf) of
Zapper (volg skakel op App of Webwerf) of
Gebruik die volgende skakel: http://www.ngkerkpellissier.co.za/bydrae
Jou getroue bydra help die gemeente steeds ’n verskil te maak!

UITSAAI VAN EREDIENSTE EN KURSUSE

 Ons tegnologie help ons om op kreatiewe maniere lidmate in hulle onderskeie huise te bedien. Ons sal ook graag bystand verleen vir hulle wat nog nie weet hoe om die tegnologie te gebruik nie.

Ons App, Facebookblad en Youtube kanaal word gebruik vir ons beeldsendings.
 
PRAKTIESE RIGLYNE OM INFEKSIE TE VOORKOM
As geloofsgemeenskap het ons 'n spesiale roeping om ons mede-gemeentelede en ander te versorg en die gemeenskap te ondersteun in hierdie tyd. As ons voorbereid is, is ons in 'n beter posisie om ander te help. Kom ons maak van die probleem ‘n geleentheid om hoop te bring en werklik ‘n verskil te maak!
Goeie higiëne help baie om die verspreiding van die Korona virus te beperk, maar ook om verkoues en griep, te voorkom!
•             Was gereeld jou hande met seep en water vir ten minste 20 sekondes.
•             Nies of hoes in die hoek van jou elmboog of sneesdoekie, nie in jou hand nie. Was onmiddellik jou hande nadat jy gehoes, genies of neus geblaas het.
•             Moenie aan jou gesig, veral jou mond, neus en oë, raak met ongewaste hande nie.
•             Ontsmet gereeld oppervlaktes wat gereeld aangeraak word, insluitend selfone, sleutelborde, tafelblad, hysbakknoppies en deurknoppe.
•             Gebruik ‘n handontsmetingsmiddel.
•             Vermy noue kontak met iemand wat siek is. Vermy handdruk en drukkies heeltemal.
Indien u onderliggende gesondheidsprobleme het, of bo 60 jaar oud is, oorweeg om eerder nie  
risiko’s te loop om 'n infeksie op te doen nie.  Bly dan eerder sovêr moontlik tuis.

SIMPTOME
Die Korona virus (CoVid-19) is 'n respiratoriese siekte wat griep-agtige simptome veroorsaak, insluitend koors, braking en asemhalingsprobleme.
•             As jy een van hierdie simptome het, bly asb. tuis.
•             Kry mediese hulp.
•             Bel vooraf, voordat jy na 'n dokter of 'n noodgevalle eenheid gaan. Vertel hulle van enige onlangse reise en jou simptome.
•             Vra om deel te neem aan vergaderings via 'n video- of telefoniese konferensies terwyl jy herstel.
•             Laat weet asb. as ons as gemeente jou kan bystaan.
Kom ons bid en werk met liefde saam om die koninkryk van God te laat kom te midde van die uitdaging.
Nuttige skakels:
•             Kort opvoedkundige video oor die “5 dinge om te weet oor COVID-19” https://youtu.be/2OKr53uXhS4
•             Die jongste inligting oor die virus: http://cdc.gov/coronavirus/2019-ncov/index.html
 
Namens Pellissier Gemeente
Posted in
Tagged with , , ,

Related Posts

Recent

Archive

Categories

Tags