Dramaties?... Nee, die is my familie!! - Charné Mathewson

Ek en my gesin sit soms vas. Ons het redenasies oor hoe ons glo dinge gedoen moet word en hoe om dit nie te doen nie. Daar is soms drama tonele wat afspeel van ‘n sussie wat oordramaties is wanneer ek haar klere aantrek of my pa wat vertel van sy dag op die gholfbaan. Ons lag saam, huil saam, eet saam, sing saam... Maar tog het ons elkeen mekaar nodig en kan ek nie my lewe in dink sonder my ouers, my suster en ander vir wie ek so lief is nie.
Ek het die afgelope week tydens my betrokkenheid by DRAMAties iets van my gesin, weg van my gesin af beleef. Drama... van die was daar baie gewees!! Nie net op die verhoog nie, maar ook af van die verhoog af. Ek het die voorreg gehad om saam met boeties en sussies te kon lag, te kon huil, te kon eet en saam te kon sing. Ons het elkeen die afgelope week ‘n doel gehad, (al wat dit om ‘n flitsliggie vas te hou – my rol!) wat bygedra het tot die groter geheel van die prentjie.
Dankie vir ELKEEN se bydra tot DRAMAties en die rol wat jy gespeel het in die koninkryk van God. Ek weet ek het gegroei deur net betrokke te wees en ek weet verseker dat ek nie die enigste een is wie gegroei het nie. Ek wil jou uitdaag om, as jy nie reeds in ‘n bediening betrokke is nie, regtig iewers betrokke te raak. Dit gaan oor om God se koninkryk uit te brei, maar ook vir jou verhouding met God! In die tye waar jy saam met ander broers en susters kan ervaar hoe God werk, beleef ons werklik iets van familie wéés en dit is amazing!!
Aan God al die eer vir DRAMAties’19!!
#dramaties19
Posted in
Tagged with , , ,

Related Posts

Recent

Archive

Categories

Tags