Ongemaklike Paasfees - Francois Lamprecht

Ek hoop dis ‘n baie ongemaklike Paasnaweek...
Ek staan vandag en bou Paasstasies in die kerk met die oog op Vrydag oggend se belewenis waar jy by die verskillende aspekte van Jesus se kruistog kan stilword en iets daarvan aan jou lyf beleef.
Die naweek se gebeure begin by Donderdagaand se Nagmaal- ‘n geleentheid waar ons op ‘n manier kom deel in die offer wat die Here daardie naweek vir ons gebring het.
Die Donderdagaand diens en die stasies is deels om my voor te berei vir die naweek en dan vir die groot goeie nuus van Sondag- die Heer het opgestaan!
Maar die stasies bring my nie tot daar nie, ook nie die Nagmaal diens nie. Dit los my by die stil angs en verlies van die graf. Dit los my vir die naweek daar. Dis ongemaklik.
Derduisende jaag hierdie naweek na hul gunsteling plek by die see of die bosveld om uit te span en die langnaweek te geniet. Dis ironies dat ons sekerlik die mees heilige en intieme oomblik van die jaar daarvoor gebruik. In die proses vergeet ons maklik van die ongemak van die naweek. Ek doen inteendeel moeite om te vergeet daarvan- ek wil nie ongemaklik wees nie. Ek wil Paasfees reduseer tot die opstanding.
Ek wil nie dink aan die verlies en die angs en die seer nie. Ek spandeer baie van my lewe en geld om sulke goed nie te voel nie. Die probleem is dat ek dit nodig het. Sonder die seer en die stilword en weer besef dat ek verliese en gebreke het beteken die kruis en Jesus se opstanding vir my glad nie wat dit moet nie. Ek mis uit op die leë graf as ek nie die kruis met die bloed wil sien nie. Ek kan nie die een na waarde beleef en uitleef as ek nie vrede maak met die ander nie.
Mag Paasnaweek vir jou ongemaklik wees. Mag jy onthou van die kruis. Mag jy onthou van die mense wat daar gestaan het, harte gebreek omdat hulle ‘n vriend, ‘n leier, ‘n seun sien sterf het nadat Hy gemartel en vermoor is. Onthou hoe hulle langs die graf moes staan. Hoe hulle met daardie verlies moes leef vir dae. Want een van die dae moet ek dit dalk doen en dan is dit juis waar die kruis en die leë graf my grootste hoop sal wees.
Mag Paasnaweek vir my en jou ongemaklik wees en mag jek en jy in daardie ongemak die vrede van God se teenwoordigheid beleef.
Francois Lamprecht

Recent

Archive

Categories

Tags

2019 2020 2021 God aanleer aanlyn aarde adrie aflegging afrikaners afrika antwoord app aswoensdag as bagasie belydenis berge betekenisvol betrokke bid black boorgat bouwerk bybel charismaties charles charle charne christenskap christen church community corona covide covid dankbaarheid dankbaar deon deurkollektes dieper digitaal donker donkie dood doopkategese doop dramaties druk ekologie ek energie engels erf familiefees familie fees finansies fokus folau francois frank frustrasie gay gebed gees gee geld geloof gelowiges gemeenskap gemeente geregtigheid gesels gesonde gesond glimlag glo graf gratis groei groter gr habitat heilige gees herwinning homoseksueel hoop huwelik imstaying inenting inent ingangsportaal inskryf inskrywing israel james japan jesus jeug job jonk kategese kerk kinders kind kollektes kontant koop korona korrup kos krag kruisig kruis kunstefees lamprecht langenhoven lente leraars gesels leraars livestream lives lockdown loop lydenstyd lyding ly maklike maria masker matter media mekaar merk van dier ngkerk ng nuusflitse nuus nuut omstandighede onderwys ongemak online onseker oordeel oorlog opperman opsie B opstaan opstanding ouderdom ouerskap ouers paasfees paasnaweek paulus pellissier pinkster ps 121 rasse reeks reen reis rikus ritmes rou seer seisoen selfbeheersing selfde geslag sending sien skande skool staan op stalletjie staying stil stoel suid afrika suid taak tas tattoo teenwoordig teologie tydelik tyd uitsaai vaccine verandering verlies vertrou verwarming viljoen volbring volksblad voorbeeld vrede vrees vreugde vriendelik water wegbreek wereld wifi zinzi