Vrede te midde van oorlog - Deon Langenhoven

In hierdie tyd is ons almal baie bewus van die oorlog in die Oekraïne. Ons harte gaan uit na die mense in die Oekraïne en die uiters moeilike omstandighede waarin onskuldige mense, selfs ook vroue en kinders hulself bevind.
As jy gereeld die media dophou, sal jy seker ook gelees het van die Vrystaat Sinode wat die afgelope week plaasgevind het. Van die berigte skets nie ‘n goeie prentjie van die kerk van Christus nie. Mens kan dit ook ‘n “onvrede “ situasie noem.
In ‘n sekere sin kan ons “onvrede” die siekte van ons tyd noem. Die media fokus en floreer op dinge wat die aandag trek, wat veroorsaak dat ons gebombardeer word met die negatiewe, prentjies van geweld, korrupsie ens.
So ook het ons elke dag ons eie lewe en uitdagings, wat vir ons elkeen uniek is…. Spanningsprobleme veroorsaak deur die uitdagings van werk, of werkloosheid, finansiële- en gesondheidsprobleme en konflik in families is iets wat baie algemeen is.
Dit bied groot uitdagings aan ons gemoedstoestand.
Hoe kry ek en jy dit dan reg om as kinders van God Sy  vrede wat “alle verstand te bowe gaan” te ervaar, as ons so baie uitdagings beleef?
Net ‘n paar gedagtes/ vrae hieroor:
  • 1. Leef in vrede met God: Is Jesus jou Verlosser en leef jy vanuit die vreugde van ‘n verloste mens?
  • 2. Bewaak jou hart: Laat die Heilige Gees jou elke dag lei en volg Sy stem sodat jy nie jou vrede verruil of verloor nie.
  • 3. Maak vrede: Leef sover moontlik in vrede met ander en raak bekend as ‘n vredemaker.
Ons is dankbaar dat daar tydens die Sinode besluit is om aan te hou soek na ‘n manier om mekaar te vind te midde van verskille. So stel ons ook ‘n voorbeeld van hoe ons met mekaar verskil in die kerk en hoe daar gestreef word na eenheid te midde van verskille.
Deur daagliks God se vrede uit te straal, te midde van moeilike omstandighede en uitdagings, maak ons as God se kinders anders!
Mag jy Sy vrede ervaar en uitleef!
Mooi week
Deon
Posted in
Tagged with , , , ,

Recent

Archive

Categories

Tags

2019 2020 2021 God aanleer aanlyn aarde adrie aflegging afrikaners afrika antwoord app aswoensdag as bagasie belydenis berge betekenisvol betrokke bid black boorgat bouwerk bybel charismaties charles charle charne christenskap christen church community corona covide covid dankbaarheid dankbaar deon deurkollektes dieper digitaal donker donkie dood doopkategese doop dramaties druk ekologie ek energie engels erf familiefees familie fees finansies fokus folau francois frank frustrasie gay gebed gees gee geld geloof gelowiges gemeenskap gemeente geregtigheid gesels gesonde gesond glimlag glo graf gratis groei groter gr habitat heilige gees herwinning homoseksueel hoop huwelik imstaying inenting inent ingangsportaal inskryf inskrywing israel james japan jesus jeug job jonk kategese kerk kinders kind kollektes kontant koop korona korrup kos krag kruisig kruis kunstefees lamprecht langenhoven lente leraars gesels leraars livestream lives lockdown loop lydenstyd lyding ly maklike maria masker matter media mekaar merk van dier ngkerk ng nuusflitse nuus nuut omstandighede onderwys ongemak online onseker oordeel oorlog opperman opsie B opstaan opstanding ouderdom ouerskap ouers paasfees paasnaweek paulus pellissier pinkster ps 121 rasse reeks reen reis rikus ritmes rou seer seisoen selfbeheersing selfde geslag sending sien skande skool staan op stalletjie staying stil stoel suid afrika suid taak tas tattoo teenwoordig teologie tydelik tyd uitsaai vaccine verandering verlies vertrou verwarming viljoen volbring volksblad voorbeeld vrede vrees vreugde vriendelik water wegbreek wereld wifi zinzi