Groenbediening

'n Ekologies Verantwoordelike Gemeente

As kinders van die Skepper God, het ons 'n verantwoordelikheid om so te leef op die Aarde dat dit dien as 'n getuienis van ons eer vir die Skepper.
Ons ekologiese voetspoor sê ook baie oor hoe ons ander respekteer en die tipe wêreld wat ons help skep en agterlaat vir ander.
Pellissier Gemeente lewer ons bydrae deur verskeie Groen projekte waarmee ons beide ons eie gemeenskap se impak op die ekologie wil bestuur asook om lidmate te help bewusmaak van die verskil wat ons kan maak.
Ons maak graag ‘n verskil deur die herwinning van huishoudelike afval moontlik te maak. Dinge soos glas, papier en karton, koeldrank- en kosblikkies en alle plastiek behalwe selofaan is herwinbaar. Herwinbare materiaal houers is in die kerk se parkeer-area opgerig en aflewerings kan gedurende kantoor-ure gedoen word.
Ons gebruik die inkomste van die verkope van herwinde materiaal om ander groen-projekte aan te pak, bv. die oprigting van watertenks vir reënwater.

Word deel

As jy deel wil word van die Groen bediening, kontak vir Duart en meld aan. 

Kontak Duart