Ondersteunings bedienings

Maak 'n verskil...

Wil jy ‘n verskil maak in mense se lewens?
Pellissier ondersteunings bedienings doen juis dit: maak tasbare verskille vir mense wat dit die nodigste het.

Ons Kosmandjiebediening verpak en gee maandeliks kospakkies uit wat voorsien in die voedingbehoeftes van ‘n huishouding. Ons voorsien jaarliks vir ongeveer 350 mense kos en versprei byna R400 000. Die blikkies- en ander kos word as skenkings van gemeentelede ontvang. Vleis en groente word met kontant skenkings aangekoop en verskeie aksies ondersteun die bediening.
Om gesinne te help om weer op hul voete te kom bied ons kursusse aan oor finansies en “life coaching”. Dis vir ons belangrik om nie net mense se nood aan te spreek nie, maar om hulle ook te help bou aan ‘n meer stabiele toekoms.

Die Kinderhuisbediening doen wonderlike werk om kinders te ondersteun en God se liefde sigbaar te maak!  “Ons Kinderhuis” in Victorialaan is een van die kinderhuise waar lidmate betrokke is.

Tshepang is een van ENGO se Jeug-en kindersorg sentrums waarby lidmate betrokke is. Tshepang is ‘n huis in die Ferreira-hoewes omgewing  waar verskeie kinders gehuisves word. Daar help ons om in die kinders se basiese behoeftes te voorsien.

Ons sopkombuis gee Saterdae iets te ete vir werksoekers wat onsuksesvol was in die Pellissier woongebied.

Die Jean Webber bediening besoek en bederf van tyd tot tyd die fisies gestremde  inwoners van Jean Webber met omgee-geleenthede.

Word deel

As jy deel wil word van hierdie bediening wat tasbare verskille maak aan mense se lewens, kontak vir Deon Langenhoven en meld aan.

Kontak Deon