Daar waar God ons stuur
As gelowiges het ons die opdrag gekry om die evangelie van Jesus Christus met ander te deel.
JERUSALEM
1.1 Towers of Hope Kook Bedienning
Die Towers of Hope Kookbedienning berei kos voor en bedien met ‘n liefdevolle
gesindheid, sodat ander met dankbaarheid en menswaardigheid God se Genade
op ‘n tasbare wyse kan beleef.
Pellissier se kookspanne gaan kook op Sondae vir behoeftiges by Towers of Hope se perseel.
1.2 Motorwagte Kosgee Bedienning - Southern Centre
Die Motorwagte Kosgeebedienning berei kos voor en bedien met ‘n liefdevolle

Elke Saterdag word “Hotdogs” en water uitgedeel aan Motorwagte.
1.3 Motorwagte Godsdiens Bedienning – Southern Centre
Die Motorwagte Godsdiensbedienning straal God se liefde uit deur Woordbedienning, sodat Motorwagte menswaardigheid en aanvaarding beleef en ons as God se kinders saam groei beleef.
Daar word ook elke Sondag deur Pellissier gemeentelede ‘n kort Geestelike boodskap aan die Motorwagte gegee, aangesien hulle nie Kerkdienste kan bywoon nie.
1.4 Pellissier ShopDay
Die Pellissier Shopday span demonstreer God se liefde deur mense met klere, kos, gebede en Geestelike voedsel te bedien, sodat ons almal in blydskap en dankbaarheid in verwondering staan oor God se liefde vir alle mense.
Elke jaar word daar teen einde Augustus, behoeftiges na Pellissier Gemeente se Kerkperseel genooi, waar hulle bederf word met kos, klere en Geestelike voedsel.
1.5 Pellissier Klerebank
Pellissier Klerebank demonstreer God se liefde deur mense met klere, te bedien, sodat ons almal in blydskap en dankbaarheid in verwondering staan oor God se liefde vir alle mense.
Klere Donasies is hoofsaaklik vir “Street Store” en “Shop Day” uitreike.
Daar word elke week Klere wat ontvang is, sorteer volgens Geslag en Grootte.
Daar word weer ‘n Snuffel winkel by Pellissier Gemeente beplan waar Klere, wat in oormaat is, verkoop sal word aan Gemeentelede en die publiek, vir ‘n appel en ‘n ui.
Die Droom is om ‘n permante Klerewinkel te hê, waar Klerasie teen bekostige pryse verkoop sal word – ons kort nog nog ‘n spasie om dit te kan doen.
1.6 VVA (Vrystaat versorging in aksie)
‘n Groentetuin is deur Pellissier Gemeente opgerig en die plaaslike mense by die VVA word opgelei om dit in stand te hou en aan te wend vir hulle behoeftes.
1.7 Moslem Bedienning
Die Moslem bedienning bou vriendskappe met plaaslike Moslems, om sodoende die Evangelie aan hulle te verkondig.
Gereelde opleidingsessies word aangebied om ons Gemeentelede in te lig en bewus te maak van die Moslem bedienning en evangelisasie.
JUDEA
2.1 GF4GF (Good Foundations for Good Fruit)
Pellissier Gemeente ondersteun Julius en Kirma Hellmuth van Somerset-Oos.
Pellissier gemeente het benodighede geskenk vir die bakery by GF4GF.
Studente uitreike vanaf Pellissier word ook beplan.
Kirna is ook nou as Leraar by Pellissier gemeente bevestig; as leraar met die opdrag – GF4GF.
SAMARIA
3.1 Kenia
Pellissier Gemeente ondersteun Annelize de Wet, 'n sendeling in Kenia.
UITHOEKE VAN DIE AARDE
4.1 Japan Missie/Missie Japan
Rikus Hattingh hou nog gereelde kontak met Stephan & Carina van der Watt in Japan, asook Elmar & Nadine du Rand. Lindie Kleynhans (Frans & Riana Kleynhans se dogter) stuur ook gereelde Nuusbriewe vanaf Japan. Pellissier Gemeente se finansiële bydrae gaan voort ten opsigte van bg. partye.
4.2 Pakistan (Aneel Jousaf)
Pellissier Gemeente se finansiële bydrae gaan voort. Frikkie van Wyk het whatsapp kontak met hom.
4.3 Buitelandse Sending Gebedsgroep
Daar word op 'n gereelde basis gebedsbyeenkomste gehou waar daar gebid word vir die vervolgde kerk, asook bg. sendelinge in die buiteland. Xander de Jager (in samewerking met Rikus Hattingh & Frikkie van Wyk) lei en fasiliteer hierdie geleenthede.
4.4 NG Kerk Vrystaat - Sending Konferensie
Daar word hierdie jaar weer die jaarlikse sendingkonferensie by Pellissier Gemeente beplan vir 20 & 21 September 2025.
.

Word deel
As jy deel wil word van 'n Getuienisbediening, kontak vir Rikus Hattingh en meld aan.