Doop

Doop is een van die pragtigste feeste van God se genade wat ons ooit kan vier!
Dis ons voorreg om as gemeente deel van mekaar se doop te vorm.
 

Hou die kalender & afkondigings dop vir wanneer jy jou Doopregistrasievorm moet inhandig.  
Doopkategese is 'n noodsaaklike deel van elke ouer se reis by ons. Dit is 'n geleentheid om die ontsettende diepte en ryk betekenis van die doop vir die hele huisgesin tuis te bring.  Dit vind plaas op die datums en tye soos in die gemeentekalender
en/of afkondigings aangedui.
Onthou om betyds ‘n foto en jou doopgebed van jou baba aan Zandra te e-pos voor die Doopsondag.