Die graf... - Charles James

Verlede week het Francois sy Leraars Gesels met die volgende woorde begin – “Ek hoop dit is ’n baie ongemaklike Paasnaweek..."
Ek deel vanmôre ’n stukkie van eie ongemak. Ek self vind dit dikwels moeilik om in die seer te vertoef – ons wil te vinnig spring na die genesing, na minder pyn. Dit is egter in die pyn waar ons dikwels pêrels van God se genade en liefde ontdek. Vrydagoggend van Paasfees kon ons soos gebruiklike die onderskeie stasies in die kerkgebou besoek.
Stasie 6 was in die kelder – pik donker, die graf, ’n kers en ’n vrou wat voor die graf sit en ’n treurlied neurie. Dit is hierdie stasie wat myself met ’n stuk ongemak kom vul het.  Maar vanuit ’n vreemde hoek... Jesus se opdrag in Lukas 14 dat hulle wat hom wil volg, hulle eie kruis moet opneem...dus die EIE EK moet begrawe. Ek dink aan my eie verhoudings. Hoe die EIE EK meestal meer breek as bou. Ek dink aan Romeine 12:1 – as die EIE EK sterf, begin die ware lewe...Christus in en deur my, die is wat die Heilige Gees bewerk.
Een van die goue reëls van verhoudings is dat ek nie iemand anders op ek ’n direktiewe manier kan verander nie. Ek kan slegs myself verander. Dan sal die ander persoon in reaksie daarop verander. Die ongemaklike goeie nuus is dat ek myself moet gee – oorgee, sterf – dan verander God se Gees my tot ’n nuwe mens. So verander my verhouding met my man, my vrou, my kinders, my vriende, my kollegas... Mag Pellissier Paasnaweek 2022 groot vrug in ons lewens dra!
Die Heer het opgestaan! Die Heer het waarlik opgestaan!
Pellissier groete,
Charles James

Recent

Archive

Categories

Tags

2019 2020 2021 God aanleer aanlyn aarde adrie aflegging afrikaners afrika antwoord app aswoensdag as bagasie belydenis berge betekenisvol betrokke bid black boorgat bouwerk bybel charismaties charles charle charne christenskap christen church community corona covide covid dankbaarheid dankbaar deon deurkollektes dieper digitaal donker donkie dood doopkategese doop dramaties druk ekologie ek energie engels erf familiefees familie fees finansies fokus folau francois frank frustrasie gay gebed gees gee geld geloof gelowiges gemeenskap gemeente geregtigheid gesels gesonde gesond glimlag glo graf gratis groei groter gr habitat heilige gees herwinning homoseksueel hoop huwelik imstaying inenting inent ingangsportaal inskryf inskrywing israel james japan jesus jeug job jonk kategese kerk kinders kind kollektes kontant koop korona korrup kos krag kruisig kruis kunstefees lamprecht langenhoven lente leraars gesels leraars livestream lives lockdown loop lydenstyd lyding ly maklike maria masker matter media mekaar merk van dier ngkerk ng nuusflitse nuus nuut omstandighede onderwys ongemak online onseker oordeel oorlog opperman opsie B opstaan opstanding ouderdom ouerskap ouers paasfees paasnaweek paulus pellissier pinkster ps 121 rasse reeks reen reis rikus ritmes rou seer seisoen selfbeheersing selfde geslag sending sien skande skool staan op stalletjie staying stil stoel suid afrika suid taak tas tattoo teenwoordig teologie tydelik tyd uitsaai vaccine verandering verlies vertrou verwarming viljoen volbring volksblad voorbeeld vrede vrees vreugde vriendelik water wegbreek wereld wifi zinzi