Ek kyk oor die naweek TikTok video’s en ek sien hoe ‘n vrou haarself klassifiseer as ‘n kind van God en nie ‘n Christen nie, want “Christene” is skynheilig en slegte mense so daarom kies sy eerder die woorde “kind van God,” In dieselfde asem vloek en skel sy elke persoon wie kommentaar op haar “live” video maak. Ek het eers gedink om nie kommentaar daaroor te lewer nie en oor iets anders te skryf vandag, maar hier sit ek nou en kan ek nie anders as om tog iets daaroor te sê nie.
Ons is in Lydenstyd waar ons doelbewus dit inoefen om ons eie sondige begeertes te kruisig, waar ons dit inoefen om meer van onsself te laat gaan en meer daarna te streef om soos God te word. Of jy jouself klassifiseer as ‘n Christen of ‘n kind van God, is albei veronderstel om dieselfde te beteken: Jy leef op ‘n sekere manier wat getuig van die verhouding waarin jy met God lewe. In hierdie verhouding wat jy met God het, kan jy nie anders as om deur God gevorm en vernuwe te word nie. Jy kan nie anders as om op ‘n plek in jou lewe te kom waar jy besef dat jou ou gewoontes veronderstel is om iets van die verlede te wees nie.
Ek weet dat ek soms terug gaan na ou gewoontes toe. Ek weet dat ek baie keer faal daarin om God se liefde uit te leef. Maar dan kom herinner God ons om opnuut na ons eie lewens te kyk en te weet dat sekere optredes nie in ons lewens as Christene/kinders van God pas nie.
Ons is in die tweede laaste week van Lydenstyd. Dit is die tyd in die jaar waar ons onsself voorberei vir die grootste fees vir ons as Christene, as kinders van God – Paasfees! Wanneer ons onsself voorberei vir Paasfees, waar ons feesvier dat ons ‘n nuwe lewe deur Jesus Christus ontvang het, het ons nodig om van ons ou sondige begeertes dood te maak, te kruisig. Kom ons kruisig opnuut weer ons eie selfsugtige begeertes om ons eie koninkrykies te bou en kom ons werk saam tot eer van God en Sy koninkryk!
Vriendelike groete

Recent
Archive
2022
2021
February
September
November
2020
March
September
2019
January
March
April
July
August
November
Categories
Tags
2019
2020
2021
God
aanleer
aanlyn
aarde
adrie
aflegging
afrikaners
afrika
antwoord
app
aswoensdag
as
bagasie
belydenis
berge
betekenisvol
betrokke
bid
black
boorgat
bouwerk
bybel
charismaties
charles
charle
charne
christenskap
christen
church
community
corona
covide
covid
dankbaarheid
dankbaar
deon
deurkollektes
dieper
digitaal
donker
donkie
dood
doopkategese
doop
dramaties
druk
ekologie
ek
energie
engels
erf
familiefees
familie
fees
finansies
fokus
folau
francois
frank
frustrasie
gay
gebed
gees
gee
geld
geloof
gelowiges
gemeenskap
gemeente
geregtigheid
gesels
gesonde
gesond
glimlag
glo
graf
gratis
groei
groter
gr
habitat
heilige gees
herwinning
homoseksueel
hoop
huwelik
imstaying
inenting
inent
ingangsportaal
inskryf
inskrywing
israel
james
japan
jesus
jeug
job
jonk
kategese
kerk
kinders
kind
kollektes
kontant
koop
korona
korrup
kos
krag
kruisig
kruis
kunstefees
lamprecht
langenhoven
lente
leraars gesels
leraars
livestream
lives
lockdown
loop
lydenstyd
lyding
ly
maklike
maria
masker
matter
media
mekaar
merk van dier
ngkerk
ng
nuusflitse
nuus
nuut
omstandighede
onderwys
ongemak
online
onseker
oordeel
oorlog
opperman
opsie B
opstaan
opstanding
ouderdom
ouerskap
ouers
paasfees
paasnaweek
paulus
pellissier
pinkster
ps 121
rasse
reeks
reen
reis
rikus
ritmes
rou
seer
seisoen
selfbeheersing
selfde geslag
sending
sien
skande
skool
staan op
stalletjie
staying
stil
stoel
suid afrika
suid
taak
tas
tattoo
teenwoordig
teologie
tydelik
tyd
uitsaai
vaccine
verandering
verlies
vertrou
verwarming
viljoen
volbring
volksblad
voorbeeld
vrede
vrees
vreugde
vriendelik
water
wegbreek
wereld
wifi
zinzi