Ek het gedink om hierdie week sommer weer met julle te deel waaroor lydenstyd gaan en hoe dit in die kerklike jaar inpas en hoe ons dit vier.
Lydenstyd is ‘n seisoen in die kerkjaar waarin ons die lyding van Christus in herinnering roep en daarop reageer in voorbereiding op Paasfees.
Dit is 40 dae en 6 Sondae lank (die Sondae word nie by die 40 dae ingetel nie). Dit begin met Aswoensdag en strek tot en met Goeie Vrydag.
Lydenstyd wys by uitstek dat God op ‘n besonderse manier die God van die noodlydende, die arme en die verontregte is en dat Christus in ons werklike nood ingedaal het.
Waar kom Lydenstyd vandaan?
Die Westerse kerk het in die tweede helfte van die vierde eeu in navolging van die Oosterse kerk begin om as voorbereiding vir Paasfees ‘n vastydperk van 40 dae in te stel. Die vas het meestal beteken dat slegs een maaltyd per dag sonder vleis geëet is. Vandag nog sal gelowiges dikwels in hierdie tyd van iets vas (soos sosiale media, alkohol, koffie of vleis) of tyd opoffer in gebed met die doel om introspeksie te doen en te bid.
Tradisioneel begin die vastydperk op Aswoensdag. Aanvanklik was die plaas van die as op die kop van ‘n sondaar ‘n soort tughandeling en boete-oplegging van die kerk. Later het dit ‘n simboliese funksie gekry waarin die as, gewoonlik die vorige jaar se verbrande palmtakke van Palmsondag, op die voorkoppe van die lidmate in die vorm van ‘n kruis gesmeer word.
Wat is die simboliek en kleure van Lydenstyd?
Die kruis is die sentrale simbool in Lydenstyd. Die kruis herinner ons aan die kruisiging van Jesus, ‘n teken van sy lyding en sterwe. ‘n Doringkroon of spykers kan saam met die kruis dien as simbole. ‘n Groot, wit kers met doringdraad daarom gedraai, beeld uit hoe Christus gekom het om bevryding te bring van watter menslike nood ook al. Die kleure van Lydenstyd is pers of wynrooi wat wys na Jesus se bloed en swart op Goeie Vrydag (swart is die kleur van rou en die dood).
Hoe vier ons dit?
In Lydenstyd word daar gefokus op die lyding van Jesus (veral tydens sy 40 dae in die woestyn) asook op die swaarkry en lyding in die wêreld. Christene gebruik hierdie tyd om hulself voor te berei op Paasfees deur introspeksie en sondebelydenis te doen. Ou kerkgewoontes soos vas, stilte en gebed het Christene oor die eeue hiermee gehelp.
Lydenstyd is ook ‘n tyd van hertoewyding. Daarom staan dissipelskap sentraal. Lydenstyd is daarom ook ‘n geleentheid vir toerusting vir dissipelskap en groei.
Belangrike inligting:
Ons beplan ‘n reeks wat ons gaan noem "spykers”. Dit is deel van die groter 24/7 ritme. Ons gaan uitgedaag word om in hierdie tyd ‘n paar opofferings te maak. Ons begin op Sondag 13 Maart met die nuwe reeks.
Onthou asb van ons kruisstasies tydens paasnaweek 15-17 April. (Hou asb die afkondigings dop vir inligting daaroor).
Onthou asb ook dat daar in die vakansie net 1 erediens is om 09:30. Dit sal wees Sondag 20 Mrt, 27 Mrt en 3 April 2022.
Groete
Rikus

Recent
Archive
2022
2021
February
September
November
2020
March
September
2019
January
March
April
July
August
November
Categories
Tags
2019
2020
2021
God
aanleer
aanlyn
aarde
adrie
aflegging
afrikaners
afrika
antwoord
app
aswoensdag
as
bagasie
belydenis
berge
betekenisvol
betrokke
bid
black
boorgat
bouwerk
bybel
charismaties
charles
charle
charne
christenskap
christen
church
community
corona
covide
covid
dankbaarheid
dankbaar
deon
deurkollektes
dieper
digitaal
donker
donkie
dood
doopkategese
doop
dramaties
druk
ekologie
ek
energie
engels
erf
familiefees
familie
fees
finansies
fokus
folau
francois
frank
frustrasie
gay
gebed
gees
gee
geld
geloof
gelowiges
gemeenskap
gemeente
geregtigheid
gesels
gesonde
gesond
glimlag
glo
graf
gratis
groei
groter
gr
habitat
heilige gees
herwinning
homoseksueel
hoop
huwelik
imstaying
inenting
inent
ingangsportaal
inskryf
inskrywing
israel
james
japan
jesus
jeug
job
jonk
kategese
kerk
kinders
kind
kollektes
kontant
koop
korona
korrup
kos
krag
kruisig
kruis
kunstefees
lamprecht
langenhoven
lente
leraars gesels
leraars
livestream
lives
lockdown
loop
lydenstyd
lyding
ly
maklike
maria
masker
matter
media
mekaar
merk van dier
ngkerk
ng
nuusflitse
nuus
nuut
omstandighede
onderwys
ongemak
online
onseker
oordeel
oorlog
opperman
opsie B
opstaan
opstanding
ouderdom
ouerskap
ouers
paasfees
paasnaweek
paulus
pellissier
pinkster
ps 121
rasse
reeks
reen
reis
rikus
ritmes
rou
seer
seisoen
selfbeheersing
selfde geslag
sending
sien
skande
skool
staan op
stalletjie
staying
stil
stoel
suid afrika
suid
taak
tas
tattoo
teenwoordig
teologie
tydelik
tyd
uitsaai
vaccine
verandering
verlies
vertrou
verwarming
viljoen
volbring
volksblad
voorbeeld
vrede
vrees
vreugde
vriendelik
water
wegbreek
wereld
wifi
zinzi