Kerk toe! - Francois Lamprecht

Honderde sit gister daar- oud en jonk in die oggenddienste- buite speel ‘n horde kinders op die spring kastele en sing van Jesus. Gisteraand is ‘n paar honderd hoërskool kinders in hul groepe aan die kuier tussen braaivleis vure voor die kerk. Later sing hulle van God se liefde in die kerk.
Daar is energie in die lug- die kerk is weer oop en mense het uitgesien daarna om terug te wees. Is dit belangrik om nou in persoon by te woon. Ja, vir seker ja! Dis daar waar jy die persoon langs jou sien, waar jy gesien word, waar vreemdelinge mekaar leer ken wat die pad bou vir verhoudings waarin ons mekaar kan ondersteun en help dra. Sonder dit mis ons uit op baie van die groot voordele wat God ons bied in ‘n geloofsgesin.
Niemand leer jou ken as hulle jou nooit sien of interaksie met jou het nie. Niemand sien jou swaarkry as hulle nie van jou hoor of in jou oë kyk nie. Jy mis uit op geleenthede om ander te help dra aan hulle seer as jy hulle nooit leer ken nie.
Beteken dit dat aanlyn kerk nou iets van die verlede is? Glad nie! Ons gaan nog net soveel moeite daarin sit omdat ons lidmate bedien wat nie kerk toe kan kom nie weens gesondheid, afstand of ander praktiese redes. Ons het lidmate wat aan die ander kant van die planeet sit en ons is bevoorreg om so wyd te kan bedien. As jy een van hulle is laat weet asb. as jy ondersteuning nodig het, praktiese hulp, dalk ‘n oor wat luister of iemand wat saam met jou bid- ons sien jou nie elke dag nie, ons mis soms dat jy swaar trek.
As jy wel by die kerk kan opdaag- DOEN DIT! Dis ‘n voorreg om jou weer te sien, om jou stem ook te hoor. Kom aanbid saam en net dalk is jy vandag die een wat sien dat iemand anders swaarkry en Jesus se liefde teenoor hulle uitleef.
Sien jou daar!
Francois Lamprecht

Recent

Archive

Categories

Tags

2019 2020 2021 God aanleer aanlyn aarde adrie aflegging afrikaners afrika antwoord app aswoensdag as bagasie belydenis berge betekenisvol betrokke bid black boorgat bouwerk bybel charismaties charles charle charne christenskap christen church community corona covide covid dankbaarheid dankbaar deon deurkollektes dieper digitaal donker donkie dood doopkategese doop dramaties druk ekologie ek energie engels erf familiefees familie fees finansies fokus folau francois frank frustrasie gay gebed gees gee geld geloof gelowiges gemeenskap gemeente geregtigheid gesels gesonde gesond glimlag glo graf gratis groei groter gr habitat heilige gees herwinning homoseksueel hoop huwelik imstaying inenting inent ingangsportaal inskryf inskrywing israel james japan jesus jeug job jonk kategese kerk kinders kind kollektes kontant koop korona korrup kos krag kruisig kruis kunstefees lamprecht langenhoven lente leraars gesels leraars livestream lives lockdown loop lydenstyd lyding ly maklike maria masker matter media mekaar merk van dier ngkerk ng nuusflitse nuus nuut omstandighede onderwys ongemak online onseker oordeel oorlog opperman opsie B opstaan opstanding ouderdom ouerskap ouers paasfees paasnaweek paulus pellissier pinkster ps 121 rasse reeks reen reis rikus ritmes rou seer seisoen selfbeheersing selfde geslag sending sien skande skool staan op stalletjie staying stil stoel suid afrika suid taak tas tattoo teenwoordig teologie tydelik tyd uitsaai vaccine verandering verlies vertrou verwarming viljoen volbring volksblad voorbeeld vrede vrees vreugde vriendelik water wegbreek wereld wifi zinzi