Ouderdom is 'n kroon - Charles James

In 1979, toe Pilanesberg Nasionale Park geproklameer is, is 6000 diere na die park verskuif. Dit is projek Genesis genoem en op daardie tydstip was dit die grootste hervestigings program van wild wat ooit onderneem is. As deel van die projek is jong olifant wesies (die gevolg van getalle beheer van olifante in die Kruger Nasionale Park) na Pilanesberg verskuif. Die kleiner olifante was makliker om te vervoer. Hierdie wees olifantjies het groter troppe gevorm en in die afwesigheid van ouer olifant bulle het die jong olifante bulletjies tien jaar vroeër puberteit bereik en baie vreemde gedragspatrone ontwikkel. Hulle het van die renosters in die park begin doodmaak (40 in totaal) en ook baie aggressief teenoor mense begin optree. Baie gevalle is aangeteken waar hulle motors bestorm het en self omgekeer het. Die enigste oplossing was om ou olifant bulle vanuit die Kruger Nasionale Park na Pilanesberg te verskuif. Hierdie ou bulle het die jong bulle gedissiplineer en die balans is herstel.
Hierdie gebeure in Pilanesberg Nasionale Park het my laat dink aan die woorde van Spreuke 16:31 - “Ouderdom is ’n sierlike kroon.” Ook ons eie gemeente het ons senior lidmate ’n waardevolle rol om te speel. Julle wysheid en jare lange wandel met die Here is ’n kosbare skat vir al ons jonger lidmate. Dankie dat ons van julle mag leer! Julle is baie spesiaal en ons waardeer julle!
 
PELLISSIER SE BEDIENINGS VIR SENIOR LIDMATE
Ons herinner net weer aan die gemeente se bedienings wat spesifiek op ons senior lidmate gerig is:
ROSE-AKSIE 
Rose-Aksie is vir alle afgetredenes in die gemeente. 'n Verskeidenheid aktiwiteite en saamkuier-geleenthede word gereël. Byeenkomste is gewoonlik elke derde Donderdag van die maand. Verversings by elke byeenkoms is verseker 'n groot lekkerte.
 
 
Ina Serfontein
083 451 2398 of inaserfontein43@gmail.com
SENIOR BYBELSTUDIE
Bybelstudie vir Seniors is elke Maandag-oggend om 10:00 (Rikus) in die Kapel en elke Dinsdag 09:00 (Charles) in die Keldersaal. Alle afgetredenes is welkom om hierdie geleenthede, wat deur Charles James en Rikus Hattingh aangebied word, by te woon.
(Rikus - Kapel)
Alta van der Merwe
072 603 5244 of dirk.alta.vdmerwe@gmail.com
 
(Charles - Keldersaal)
Frieda du Plessis
082 775 4222
Pellissier groete,
Charles James

Recent

Archive

Categories

Tags

2019 2020 2021 God aanleer aanlyn aarde adrie aflegging afrikaners afrika antwoord app aswoensdag as bagasie belydenis berge betekenisvol betrokke bid black boorgat bouwerk bybel charismaties charles charle charne christenskap christen church community corona covide covid dankbaarheid dankbaar deon deurkollektes dieper digitaal donker donkie dood doopkategese doop dramaties druk ekologie ek energie engels erf familiefees familie fees finansies fokus folau francois frank frustrasie gay gebed gees gee geld geloof gelowiges gemeenskap gemeente geregtigheid gesels gesonde gesond glimlag glo graf gratis groei groter gr habitat heilige gees herwinning homoseksueel hoop huwelik imstaying inenting inent ingangsportaal inskryf inskrywing israel james japan jesus jeug job jonk kategese kerk kinders kind kollektes kontant koop korona korrup kos krag kruisig kruis kunstefees lamprecht langenhoven lente leraars gesels leraars livestream lives lockdown loop lydenstyd lyding ly maklike maria masker matter media mekaar merk van dier ngkerk ng nuusflitse nuus nuut omstandighede onderwys ongemak online onseker oordeel oorlog opperman opsie B opstaan opstanding ouderdom ouerskap ouers paasfees paasnaweek paulus pellissier pinkster ps 121 rasse reeks reen reis rikus ritmes rou seer seisoen selfbeheersing selfde geslag sending sien skande skool staan op stalletjie staying stil stoel suid afrika suid taak tas tattoo teenwoordig teologie tydelik tyd uitsaai vaccine verandering verlies vertrou verwarming viljoen volbring volksblad voorbeeld vrede vrees vreugde vriendelik water wegbreek wereld wifi zinzi