My tyd loop uit - Francois Lamprecht

Hierdie tyd van die jaar is almal diep bewus van die tyd. Tyd om vakansie te beplan. Tyd om jaar-eind funksies te hou. Tyd om moeg te wees (behalwe as jy na ‘n black Friday sale toe gaan- dan het almal energie!).
Dan is daar natuurlik elke ketting winkel wat klaarblyklik glo Kersfees geskied in Oktober as ek so na die versierings kyk. Vir myself is daar nog ‘n herinnering aan tyd- ek verjaar in Desember. Ek betree nou die middeljare.
Afgryslik.
Hoe ouer ek word hoe meer word ek bewus van hoe vinnig tyd verloop. As kind voel alles na ‘n ewigheid. Skool periodes, naweke, ‘n vry by ‘n skool sokkie en natuurlik is die toekoms baaaaie vêr van nou af.
Dan word jy eendag in jou 30’s wakker en besef die jare loop nou per oogwink verby. Dit maak my benoud. In Sy groot genade het God my iets geleer hieroor...
Ek gaan die tyd nooit stop nie. Ek gaan dit ook nie kan stadiger maak nie. Ek gaan nie jonk bly nie en die lewe is wel so vlietend soos ek dink- selfs meer. Die geheim is nie om te hoop vir meer tyd nie, dis om die tyd wat ek het betekenisvol te gebruik.
Dit beteken nie ek gaan die wêreld verander nie. Om betekenisvol te wees beteken dalk nie eers ek gaan deur enigeen onthou word oor 30 of 40 jaar nie. So hoe leef ek betekenisvol? Hier is wat ek voorstel:
  • Dit waaraan ek tyd spandeer moet iets of iemand beter maak. My werk, my passies, my verhoudings moet iets beter maak of die lewe vir iemand beter maak. As ek vandag dit gedoen het is dit okey as my lewe een dag korter is.
  • Die mens wat ek vandag was moes vir my mense (my vrou, my kinders, my ouers- jy het jou eie versameling van mense) die lewe ligter en mooier en groter gemaak het. As ek dit gedoen het is dit okey as my lewe een dag korter is.
  • Ek moes God dien. Elke dag moet gaan oor meer as myself. Het ek God vandag geëer? Het ek Hom gevolg? Het ek gedoen- klein of groot- wat Hy van my gevra het? As ek het, is dit okey as my lewe een dag korter is.
Om die waarheid te sê, soos ek ouer word glo ek meer en meer as ek vandag geleef het soos hierbo, is dit okey as dit my laaste dag was.
Mag jy elke dag jou nie bekommer oor die verloop van tyd nie, maar fokus op die betekenisvolheid van jou menswees.
Francois Lamprecht

Recent

Archive

Categories

Tags

2019 2020 2021 God aanleer aanlyn aarde adrie aflegging afrikaners afrika antwoord app aswoensdag as bagasie belydenis berge betekenisvol betrokke bid black boorgat bouwerk bybel charismaties charles charle charne christenskap church community corona covide covid dankbaarheid dankbaar deon deurkollektes dieper digitaal donkie dood doopkategese doop dramaties druk ekologie ek energie engels erf familiefees familie fees finansies fokus folau francois frank frustrasie gay gebed gees gee geld geloof gelowiges gemeenskap gemeente geregtigheid gesels gesonde gesond glimlag glo gratis groei groter gr habitat heilige gees herwinning homoseksueel hoop huwelik imstaying inenting inent ingangsportaal inskryf inskrywing israel james japan jesus jeug job jonk kategese kerk kinders kind kollektes kontant koop korona korrup kos krag kruisig kruis kunstefees lamprecht langenhoven lente leraars gesels leraars livestream lives lockdown loop lydenstyd ly maklike maria masker matter media mekaar merk van dier ngkerk ng nuusflitse nuus nuut omstandighede onderwys online onseker oordeel opperman opsie B opstaan opstanding ouderdom ouerskap ouers paasfees paasnaweek paulus pellissier pinkster ps 121 rasse reeks reen reis rikus ritmes rou seer seisoen selfbeheersing selfde geslag sending sien skande skool staan op stalletjie staying stil stoel suid afrika suid taak tas tattoo teenwoordig teologie tydelik tyd uitsaai vaccine verandering verlies vertrou verwarming viljoen volbring volksblad voorbeeld vrees vreugde vriendelik water wegbreek wereld wifi zinzi