Kerssangdiens op Nuwejaar - Charles James

Vanjaar is Pellissier Gemeente se Kerssangdiens op 28 November - op Nuwejaarsdag! Miskien nie in jou dagboek nie, maar wel in die kerklike jaar!
Tyd is belangrik vir Christene, want God openbaar Hom in die geskiedenis. Christene het daarom van vroeg af besef dat ons ‘n eie kalender nodig het om herinner te word aan die groot dinge waardeur God Hom aan ons openbaar. So het die tradisie van die kerklike jaar ontstaan.
Hierdie kalender herinner ons dwarsdeur die jaar aan die gebeure rondom Jesus, die uitstorting van die Heilige Gees en die koninkrykswerk van die kerk. Deur volgens hierdie kalender te leef, hou ons ons identiteit in Christus in stand.
Ons kerklike Nuwejaar begin daarom nie op 1 Januarie nie, maar wel vier Sondae voor Kersfees wanneer Advent, die tyd van verwagting, in aanvang neem. Hierdie jaar val die vierde Sondag voor Kersfees op 28 November. Die res van die kerklike kalender draai om drie feeste, nl. Kersfees, Paasfees en Pinksterfees. Vir elkeen van hierdie feeste is daar ‘n tyd van voorbereiding en na die fees weer ‘n tyd vir besinning. Advent berei ons voor vir Kersfees en in die tyd van Epifanie (na Kersfees tot begin van lydenstyd) dink ons na oor die betekenis van Christus se koms na die aarde. Lydenstyd berei ons voor vir Paasnaweek en dan dink ons in Paastyd weer na oor die implikasies van die opstanding van Christus in ons lewens. Die tien dae tussen Hemelvaart en Pinkster berei ons voor vir Pinksterfees en daarna volg Koninkrykstyd waarin ons die opdrag het om die gawes van al drie die feeste te gaan uitleef in die wêreld.
Mag Adventstyd 2021 ‘n tyd wees waarin ons saam terug kyk na Israel se verwagting van die Messias, én ook ‘n verwagtende vooruit kyk wees na die wederkoms as finale gestalte van Christus se triomf oor die magte van sonde en dood wat met die gebeure van Paassondag ‘n werklikheid geword het!
Pellissier groete,
Charles James

Recent

Archive

Categories

Tags

2019 2020 2021 God aanleer aanlyn aarde adrie aflegging afrikaners afrika antwoord app aswoensdag as bagasie belydenis berge betekenisvol betrokke bid black boorgat bouwerk bybel charismaties charles charle charne christenskap church community corona covide covid dankbaarheid dankbaar deon deurkollektes dieper digitaal donkie dood doopkategese doop dramaties druk ekologie ek energie engels erf familiefees familie fees finansies fokus folau francois frank frustrasie gay gebed gees gee geld geloof gelowiges gemeenskap gemeente geregtigheid gesels gesonde gesond glimlag glo gratis groei groter gr habitat heilige gees herwinning homoseksueel hoop huwelik imstaying inenting inent ingangsportaal inskryf inskrywing israel james japan jesus jeug job jonk kategese kerk kinders kind kollektes kontant koop korona korrup kos krag kruisig kruis kunstefees lamprecht langenhoven lente leraars gesels leraars livestream lives lockdown loop lydenstyd ly maklike maria masker matter media mekaar merk van dier ngkerk ng nuusflitse nuus nuut omstandighede onderwys online onseker oordeel opperman opsie B opstaan opstanding ouderdom ouerskap ouers paasfees paasnaweek paulus pellissier pinkster ps 121 rasse reeks reen reis rikus ritmes rou seer seisoen selfbeheersing selfde geslag sending sien skande skool staan op stalletjie staying stil stoel suid afrika suid taak tas tattoo teenwoordig teologie tydelik tyd uitsaai vaccine verandering verlies vertrou verwarming viljoen volbring volksblad voorbeeld vrees vreugde vriendelik water wegbreek wereld wifi zinzi