Is jy moeg? - Deon Langenhoven

Hierdie tyd van die jaar kry die meeste mense swaar en begin moeg voel, asof die jaar te lank raak…
In Markus 6: 31 lees ons dat Jesus vir Sy dissipels sê dat “hulle klein groepie saam na ‘n  stil plek moet gaan om ‘n bietjie te gaan rus”.
Hierdie het gebeur net na Jesus die nuus gehoor het dat Johannes die Doper vermoor is en ook lees ons dat Hy baie besig was om te preek en siekes gesond te maak.
Hoe voel jy op die oomblik?
Het jy dalk ook rus nodig? Doen jy nog dinge wat vir jou lekker is?
Jesus wat ons volmaakte voorbeeld is wat ons wil navolg, het gereeld tyd gemaak om stil te word. Om tyd saam met Sy en ook ons Hemelse Vader te spandeer en krag te kry vir alles wat Hy moes doen en hanteer. 
Hy het gewoontes, of ons kan dit ook ritmes noem, wat hy gevolg het om alles te kan hanteer wat Hy moes.
Die aard van die mens is dat ons moet laai om te kan ontlaai. Ja, ons kan nie net bly gee van onsself sonder om ook na onsself om te sien nie.
Sorg jy dalk vir iemand wat siek is, of het jy dalk klein kindertjies wat jou verskriklik besig hou tussen al die ander dinge. Jy is dalk ‘n enkelmamma…
Dit is nodig dat ons onsself leer ken om te weet wat dit is wat ons moet doen om weer ons batterye te herlaai. Ek is lief vir oefen en om in die natuur stil te word. Ek het ook geleer dat my dae wat ek vroeg tyd maak om stil te word en Bybel te lees, baie beter verloop, ongeag wat gebeur gedurende my dag….
Wat is jou manier, of ritmes om te herlaai? Weet jy al?
Neem verantwoordelikheid vir jouself. Dis al hoe ons ook regtig bruikbaar vir God kan wees as ons eie tenkies vol is.
Onthou selfs die dinge wat ons vir die Here doen kan ons van Hom af weghou as ons nie tyd maak om ook by Vader stil te word nie.
Mag jy ‘n wonderlike week en laaste kwartaal hê met meer as genoeg krag vir dit wat jy moet doen!
Groetnis
Deon Langenhoven
Posted in
Tagged with , ,

Recent

Archive

Categories

Tags

2019 2020 2021 God aanleer aanlyn aarde adrie aflegging afrikaners afrika antwoord app aswoensdag as bagasie belydenis berge betekenisvol betrokke bid black boorgat bouwerk bybel charismaties charles charle charne christenskap christen church community corona covide covid dankbaarheid dankbaar deon deurkollektes dieper digitaal donker donkie dood doopkategese doop dramaties druk ekologie ek energie engels erf familiefees familie fees finansies fokus folau francois frank frustrasie gay gebed gees gee geld geloof gelowiges gemeenskap gemeente geregtigheid gesels gesonde gesond glimlag glo graf gratis groei groter gr habitat heilige gees herwinning homoseksueel hoop huwelik imstaying inenting inent ingangsportaal inskryf inskrywing israel james japan jesus jeug job jonk kategese kerk kinders kind kollektes kontant koop korona korrup kos krag kruisig kruis kunstefees lamprecht langenhoven lente leraars gesels leraars livestream lives lockdown loop lydenstyd lyding ly maklike maria masker matter media mekaar merk van dier ngkerk ng nuusflitse nuus nuut omstandighede onderwys ongemak online onseker oordeel oorlog opperman opsie B opstaan opstanding ouderdom ouerskap ouers paasfees paasnaweek paulus pellissier pinkster ps 121 rasse reeks reen reis rikus ritmes rou seer seisoen selfbeheersing selfde geslag sending sien skande skool staan op stalletjie staying stil stoel suid afrika suid taak tas tattoo teenwoordig teologie tydelik tyd uitsaai vaccine verandering verlies vertrou verwarming viljoen volbring volksblad voorbeeld vrede vrees vreugde vriendelik water wegbreek wereld wifi zinzi