Gewoon Christen - Rikus Hattingh

Uiteindelik. Ons kan weer kerk hou met klomp mense in die kerk. Almal is so opgewonde om by die kerk te wees. Dit is heerlik en die atmosfeer is elektries. Dis so lekker om weer ‘n kerk vol mense te hê. Ek wens dat dit elke liewe Sondag so sal wees, dat mense weer opgewonde sal wees oor kerk.
Verlede Sondag na die erediens dwaal my gedagtes terug na my studentedae en my studies. Ek was nie baie lief vir Kerkgeskiedenis (een van die vakke wat ons geneem het) nie. Dit is egter interessant dat dit juis een van die lesings wat ons in hierdie vak gehad het wat toe by my opgekom het.
Langs die Mosellerivier in Duitsland lê die stad Trier wat spog met meer kerkgeboue as enige stad van dieselfde grootte in Europa. Een van die geboue in Trier is die Basilica wat aan die begin van die vierde eeu as ’n troonsaal vir Konstantyn die Grote gedien het.  Die Basilica is later omskep in ’n kerkgebou. Maar Trier is vandag eintlik meer bekend as die stad waar Karl Marx, die geestelike vader van die kommunisme op 2 Mei 1818 gebore is.  Alhoewel sy voorouers Jode was, het sy pa die Lutherse geloof aangeneem.  Tog staan daar in die kommunistiese manifes wat Karl Marx help opstel het dat die mens as arbeider die slagoffer is van godsdienstige misleiding en ekonomiese uitbuiting. 
Ek onthou nog die vraag van die dosent: “Wat het tog in Trier, die stad met sy kerke en teologiese kweekskole verkeerd geloop dat daar so ’n groot weersin in godsiens by Karl Marx onstaan het sodat hy ’n ateïstiese ideologie verkondig het wat soos ’n veldbrand destyds oor die hele wêreld versprei het?”
Die slim mense beweer dat ondanks al die kerkgeboue en godsdienstige aktiwiteite Trier geestelik dood was.  Die kerk het so vasgevang geraak in die politiek en verskillende standpunte dat hulle die hart van die evangelie gemis het. Die kruis, die leë graf, liefde, genade en omgee vir mense. Daarom dat iemand soos Marx die kerk aangeval het. 
Dit het my laat dink aan Jesus se woorde aan die Samaritaanse vrou wat allerhande vrae oor hulle plek van aanbidding gehad het. (Johannes 4:23) “Maar daar kom ’n tyd dat jy sal sê, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in die waarheid sal aanbid. Want die Vader wil juis hê dat die mense wat hom aanbid, dit so moet doen.”
Met dié woorde roep Jesus ons op om die geloof te leef en om doodgewoon net Christene te wees, om nie vas te val in al die goed waaroor die kerk en gelowiges so met mekaar stry en baklei nie.
My hart pyn sommer as ek daaraan dink dat Bloemfontein met al sy duisend kerke ook so besig kan wees om te stry en baklei oor wat “ONS” dink reg is dat ons op die einde die doel mis hoekom ons kerk is.
Kom ons wees doodgewoon Christene en gee op die manier gestalte aan die kerk van Jesus deur elke dag dit te leef, waar ons onsself ook al bevind. En die Here plaas jou op ’n spesifieke plek waar jy dit kan doen.
Groete
Rikus Hattingh
Posted in
Tagged with , ,

Recent

Archive

Categories

Tags

2019 2020 2021 God aanleer aanlyn aarde adrie aflegging afrikaners afrika antwoord app aswoensdag as bagasie belydenis berge betekenisvol betrokke bid black boorgat bouwerk bybel charismaties charles charle charne christenskap church community corona covide covid dankbaarheid dankbaar deon deurkollektes dieper digitaal donkie dood doopkategese doop dramaties druk ekologie ek energie engels erf familiefees familie fees finansies fokus folau francois frank frustrasie gay gebed gees gee geld geloof gelowiges gemeenskap gemeente geregtigheid gesels gesonde gesond glimlag glo gratis groei groter gr habitat heilige gees herwinning homoseksueel hoop huwelik imstaying inenting inent ingangsportaal inskryf inskrywing israel james japan jesus jeug job jonk kategese kerk kinders kind kollektes kontant koop korona korrup kos krag kruisig kruis kunstefees lamprecht langenhoven lente leraars gesels leraars livestream lives lockdown loop lydenstyd ly maklike maria masker matter media mekaar merk van dier ngkerk ng nuusflitse nuus nuut omstandighede onderwys online onseker oordeel opperman opsie B opstaan opstanding ouderdom ouerskap ouers paasfees paasnaweek paulus pellissier pinkster ps 121 rasse reeks reen reis rikus ritmes rou seer seisoen selfbeheersing selfde geslag sending sien skande skool staan op stalletjie staying stil stoel suid afrika suid taak tas tattoo teenwoordig teologie tydelik tyd uitsaai vaccine verandering verlies vertrou verwarming viljoen volbring volksblad voorbeeld vrees vreugde vriendelik water wegbreek wereld wifi zinzi