Dankbaar - Charné Viljoen

Terwyl ek vanoggend die leraarsgesels sit en skryf, reën dit buite. Eers sag, dan hard. Later is dit weer net sagte reëndruppels wat teen die ruite afloop.
Ek dink in die oomblik terug aan my studentejare en ‘n spesifieke gedagte kom by my op. Ek onthou hoe ons in Januarie almal saam by die Kougom Eerstejaarskamp op die grasperk gestaan en bid het vir reën. In daardie jaar het dit teen Januarie steeds nie gereën nie en die boere was moedeloos. Hulle was besig om alles te verloor oor die reën wat laat was…
Ons is in November en die einde van die jaar wil-wil vir ons begin oog knip.
Dit was ‘n besonders uitdagende (byna) 2 jaar wat verby is.
Ons rou oor wat ons verloor of gemis het.
Ons neem afskeid van gemisde geleenthede.
Maar vanoggend… Vanoggend kan ek nie anders as om dankbaar te wees vir die reën wat buite val nie.
Vanoggend is ek dankbaaar vir die geleenthede wat ek wel nog het.
Vanoggend is ek dankbaar vir die mense wie wel nog om my is.
Ek is dankbaar om deel van God se koninkryk te mag wees.
Tussen deur die seer en teleurstellings, wil ek jou graag nooi om vandag na die nat aarde te kyk en dankbaar te wees.
Blessings.
Charné Viljoen
Posted in
Tagged with , ,

Recent

Archive

Categories

Tags

2019 2020 2021 God aanleer aanlyn aarde adrie aflegging afrikaners afrika antwoord app aswoensdag as bagasie belydenis berge betekenisvol betrokke bid black boorgat bouwerk bybel charismaties charles charle charne christenskap church community corona covide covid dankbaarheid dankbaar deon deurkollektes dieper digitaal donkie dood doopkategese doop dramaties druk ekologie ek energie engels erf familiefees familie fees finansies fokus folau francois frank frustrasie gay gebed gees gee geld geloof gelowiges gemeenskap gemeente geregtigheid gesels gesonde gesond glimlag glo gratis groei groter gr habitat heilige gees herwinning homoseksueel hoop huwelik imstaying inenting inent ingangsportaal inskryf inskrywing israel james japan jesus jeug job jonk kategese kerk kinders kind kollektes kontant koop korona korrup kos krag kruisig kruis kunstefees lamprecht langenhoven lente leraars gesels leraars livestream lives lockdown loop lydenstyd ly maklike maria masker matter media mekaar merk van dier ngkerk ng nuusflitse nuus nuut omstandighede onderwys online onseker oordeel opperman opsie B opstaan opstanding ouderdom ouerskap ouers paasfees paasnaweek paulus pellissier pinkster ps 121 rasse reeks reen reis rikus ritmes rou seer seisoen selfbeheersing selfde geslag sending sien skande skool staan op stalletjie staying stil stoel suid afrika suid taak tas tattoo teenwoordig teologie tydelik tyd uitsaai vaccine verandering verlies vertrou verwarming viljoen volbring volksblad voorbeeld vrees vreugde vriendelik water wegbreek wereld wifi zinzi