Tattoos - Charles James

Sondag het my kollega Rikus gesels oor oordeel. Oor hoe ons so maklik ander mense kan oordeel en beoordeel sonder dat ons hulle werklik ken. “Moet nooit iemand oordeel voordat jy nie ‘n myl in sy skoene geloop het nie.” – sulke waar woorde en so baie keer het ek al hierin gestruikel...
Ek dink aan die keer toe jong man by die kerkkantoor se deur kom klop het op soek na tydelike blyplek. Ek en Carien besluit toe dat hy ‘n paar dae by ons kan kom bly. Die eerste aand toe ons aansit by die tafel om te eet, dra hy ‘n moulose T-hemp. Op sy skouer is ‘n groot haai wat uit die water uit spring, getatoëer. In my binneste wonder ek – waarom sou iemand ‘n haai op jou skouer tatoëer? Toe hy my egter sy storie vertel, het ek my kop in skaamte laat sak oor my beoordeling van iemand in wie se skoene ek nie een tree gegee het nie!
Hy vertel hoe sy pa, wat in die destydse spesmagte was, selfmoord gepleeg het toe hy nog baie klein was. Sy Ma is kort daarna aan kanker oorlede. Sy Oupa het hom groot gemaak. Toe hy 11 was, het sy Oupa hom see te geneem om sy eerste vis te vang. Dit was ‘n haai. Die oomblik was vir hom so spesiaal dat hy later besluit het om ‘n haai op sy skouer te laat tatoëer. Hierdie tatoe sou hom altyd aan daardie baie spesiale dag saam met sy Oupa herinner!
Mag ons meer gereeld in mekaar se skoene loop en mag God ons deur sy Gees help om ander deur sy oë te sien!
ONTHOU SONDAG 17 NOVEMBER SE KERSSANGDIENSTE!
Charles James
Posted in
Tagged with , , ,

Related Posts

Recent

Archive

Categories

Tags