Sien jy vir Jesus raak? - Deon Langenhoven

Toe Jesus aan Sy moeder verskyn na Sy kruisiging herken sy Hom aanvanklik glad nie, selfs terwyl sy met Hom gesels.
Haar pyn en seer het haar heeltemal verblind. Op ‘n stadium noem Jesus haar op haar naam en toe herken sy Hom eers…..
Ons het as kinders van God in hierdie tyd weer Jesus se kruisdood, maar ook Sy opstanding herdenk. Dit maak van jou en my opstandingsmense wat ‘n nuwe lewe in en deur Jesus ontvang het.
Ons het die wonderlike voorreg as Sy kinders om met Hom ‘n verhouding te mag hê en elke dag in gesprek met Hom te kan wees.
Ons uitdaging is om nie toe te laat dat ons omstandighede en krisisse ons ons nuwe identiteit as opstandigsmense en kinders van God sal laat vergeet nie.
Dit is so wonderlik dat ons verder kan sien, verby ons omstandighede kan kyk. Wanneer ons oë op Hom gerig is en ons hand in Sy hand kan Sy Gees ons elke dag ook lei en ons krag wees in moeilike tye.
Mag dit in hierdie tyd en elke dag van ons lewens waar wees vir ons.
Sien jou Woensdag by die Familiefees waar ons heerlik gaan saamkuier en ook die skoolkoor-musiek kan geniet!
Vriendelike Pellissier gemeente groete
Deon

Related Posts

Recent

Archive

Categories

Tags