Lente is in die lug- Charné Mathewson

Soos ons deur die lewe gaan, is daar verskillende fases in ‘n mens se lewe. Somer is wanneer dit goed gaan, wanneer ons liefde en vreugde in ons lewens ervaar. Herfs is wanneer moeilike tye vir ons wink en lyk of hulle, hulle verskynsel wil maak. Dit is ook moontlik ‘n tyd waar kinders uit die huis uit trek en ouers die aanpassings moet maak. Winter is die tye wat ons regtig die hitte van ‘n kaggel vuurtjie of ‘n kombers nodig het. Ons het nodig dat ons geliefdes ons vas en warm hou, want die omstandighede van die lewe maak dit vir ons moeilik om in die oggende op te staan. Die laaste fase is wanneer dit weer lente raak. Lente is die teken van nuwe lewe wat weer begin - ‘n nuwe hoop wat vir ons voorlê.
Soos die seisoen nou besig is om te draai, moet ons besef dat daar mense om ons is, wie nie die verandering in seisoen in hulle lewe beleef nie. Hulle voel vasgevang in ‘n winter-tydperk en dis ons plig as familie om ons oë oop e hou vir ons broers en susters. Mag ons so in die verandering van seisoene ons harte altyd op God gerig hou en vra dat hy vir ons die nood sal uitwys van waar ons ‘n verskil kan maak.
Prop in by God en laat Hom toe om jou te lei na waar ander mense ook Sy krag nodig het om die verandering in seisoene raak te kan sien.
Groete
Charné Mathewson
Posted in
Tagged with , ,

Related Posts

Recent

Archive

Categories

Tags