Lewe na Pinkster- Rikus Hattingh

Wat ‘n ongelooflike week was dit nie verlede week nie… Ons het so lekker saam met Tom Smith gekuier. Ons geestelike tenks voel sommer weer vol na so ‘n week. Dankie ook aan Charné en haar span wat die kinderpinkster aangebied het. Dit klink of die kinders dit vreeslik baie geniet het. Ook wil ek dankie sê vir die musiekspan, klank/rekenaar personeel, sonder julle is Pellissier Gemeente soveel armer.
Ek het hierdie week maar net weer besef hoe geseënd ek is om deel van hierdie span te wees.
In my voorbereiding lees ek weer Handelinge 1 omdat dit eerkomende Donderdag hemelvaart is.
Die tyd vir afskeid tussen Jesus en Sy volgelinge het aangbreek. Jesus het Sy dissipels daarvoor voorberei. Vir hulle is dit egter ‘n traumatiese ervaring. Vir ‘n paar jaar het Jesus saam met hulle geloop. Hulle het Hom leer ken, na Hom geluister en alles gesien wat Hy kan doen. Toe word Hy gekruisig en hulle dink alles is verlore. Dan gebeur die opstanding. Jesus is weer by hulle. Maar Hy gaan weg, na die Vader toe.
Die finale afskeid vind plaas in Jerusalem. Jesus word in ‘n wolk weggeneem. Hulle bly alleen agter – waarheen nou??
Daar verskyn 2 mans aan hulle terwyl hulle met hul oë na die die wolke kyk. Die mans het ‘n baie belangrike boodskap vir hulle:
JESUS KOM WEER!!
Intussen moet die lewe aangaan en moet daar gewerk word. Hulle word herinner hulle het ‘n opdrag om uit te voer. Die dissipels het teruggegaan na Jerusalem en saam met ander gelowiges volhardend gebid, met verwagting gebid, want daar was ‘n belofte wat nog vervul moes word. Die HG moes kom om ‘n nuwe tydperk in te lui…
Mag ek en jy weer tot die besef kom watter voorreg dit is om in hierdie tyd na Pinkster te leef..
Soli Deo Gloria..
NB: Onthou hemelvaartsdiens Donderdag 30 Mei 18:30
Rikus

Related Posts

Recent

Archive

Categories

Tags