Tetelestai - dit is Volbring... - Rikus Hattingh

Die afgelope naweek was dit Paasnaweek. Vir baie mense dalk net nog ‘n lang naweek. Vir ons as gelowiges is dit veronderstel om die belangrikste naweek op ons kalender te wees. Hier by ons het ons die voorreg gehad om op ‘n besonderse manier te kon vier. Ons het Donderdag saam met Jesus gestap na Golgota. Die Bybel en die musiek het ons ‘n belewenis gegee van dit wat daardie aand in die tuin van Getsemane gebeur het.
Vrydagoggend was daar die 7 kruisstasies.
Stasie 1 - Vergifnis
Stasie 2 - Geloofsekerheid
Stasie 3 - Troos en versorging.
Stasie 4 - Alleenheid
Stasie 5 - Lyding
Stasie 6 - Oorwinning
Stasie 7 - Oorgawe
Hierdie sewe stasies het die 7 woorde van Jesus aan die kruis uitgebeeld. Vir my was dit ‘n ongelooflike reis. Ek het maar net weer bewus geword van Jesus se genade wat hy aan my bewys het. Dit is Volbring. Dit was egter Vrydag.. Sondag kom..
Sondag.. Wat ‘n fees.. Christus leef.. Die dood is oorwin. Kom ons gaan leef nou as mense wat oorwinning gesmaak het.
Graag wil ons die vlg mense bedank vir die opmaak vd stasies:
Pellissier Jonk
Mannebediening
Vrouebediening
Senior bediening
Getuienis bediening
Steven Gouws en Coenie Bezuidenhout
Dankie ook aan Pellissier musiekbediening vir jul ongelooflike bydrae. Dankie vir jul tyd en moeite om die naweek ‘n belewenis te maak.
Mooi week.
(Ps: Onthou van ons familiefees 1 Mei)
Groete
Rikus

Related Posts

Recent

Archive

Categories

Tags