As jy ly... ly ordentlik. - Francois Lamprecht
Israel Folau...die media gons. Hy word hoog aangeprys uit gelowige kringe omdat hy opstaan vir wat hy glo. Ek moet sê dit vat baie guts om bereid te wees om jou rugby loopbaan op te gee vir ‘n uitlating wat jy doen op grond van jou geloof. Baie kommentaar gaan oor hoe ‘n voorbeeld hy vir ons is om te ly vir wat hy glo en daarmee kan ek nie stry nie, ek glo hy bedoel dit opreg. Sou jy dalk so geïnspireerd is dat jy beplan om self ook bietjie te ly vir wat jy glo hou die volgende in gedagte:
Mag jy en ek ly vir Jesus...werklik vir Hom en werklik tot eer van Sy Naam. Mag ons ly deur eerstens ons eie goedjies op hierdie lys prys te gee in ‘n poging om God meer eerlik te volg voor ons ander gooi daarmee.
- Wanneer jy ly- doen jou bes om te ly vir Jesus. Dis vir ons lekker om onsself te oortuig dat ons ly vir God eerder as om net te erken ons geniet dit om ‘n godsdienstige klip na ander te gooi. Ek dink nie dis noodwendig wat mnr. Folau doen nie, maar dis wat ons baie geneig is om te doen.
- Dis jammer dat die teks (Gal. 5: 19-21) wat hy gebruik om die gays hel toe te waarsku geen melding van gays maak nie. Glad nie. Nie eers amper nie. Dit praat wel van owerspel, hoerery en onreinheid. Sy mening oor die homoseksueles se lot kon hy seker maar met ander tekste probeer uitlig het, maar hierdie teks wat hy die basis van sy opmerking maak verklap meer van sy eie mening. Reg of verkeerd- die groot herrie oor sy uitlating is blykbaar 90% net oor die insluiting van “homosexuals” in sy lys. As hy sy Bybel reg aangehaal het sou daar dalk baie minder sensasie daaroor gewees het.
- Ly soos Jesus. Ons moet verseker opstaan en ly vir wat ons glo. En Jesus wys ons hoe. Hy het nie gely omdat hy sagte teikens aangeval het nie- hy het juis die gemaklike, godsdienstiges aangevat. Hy het nie gely omdat Hy ‘n vrou op owerspel veroordeel het nie- eerder omdat Hy haar sag hanteer het. Hy het nie gely omdat Hy die politieke magte van die dag wou terug slaan nie- maar juis omdat Hy nie geslaan het nie. Jesus was ongewild, verag en gespot tot ‘n groot mate omdat Hy nie ingepas het by Sy eie mense se lus om klippe te gooi na ander nie.
Mag jy en ek ly vir Jesus...werklik vir Hom en werklik tot eer van Sy Naam. Mag ons ly deur eerstens ons eie goedjies op hierdie lys prys te gee in ‘n poging om God meer eerlik te volg voor ons ander gooi daarmee.
Related Posts
Recent
Archive
2021
2020
March
September
2019
January
March
April
July
August
November