Lekker om te lewe - Charné Mathewson

Ek ry laasweek Sondag van die winkel af huis toe en sien vir Sarel en Thabo op die sypaadjie sit. Elkeen se fiets lê langs hom op die gras en elkeen het ‘n toebroodjie in die hand. Hulle lag en gesels en skielik tref die vreugde van ‘kind-wees’ my. Sonder worries oor hulle verskille of oor die gejaag van die lewe sit hierdie twee jong seuns op die sypaadjie en geniet kind-wees! My wens vir die kwartaal wat voorlê is, dat ons iets by Sarel en Thabo kan leer...
Dit is vir my so lekker om te kan sê dat die kinderbediening uit hulle nate bars en dat ons iets van die kinderlike vreugde elke Sondag daar kan beleef! Ons, as mentors, kry regtig ons krag en vreugde van die kinders af en hulle help ons om weer te kan glo soos ‘n kind!
Indien jy wil betrokke raak en ook hierdie vreugde wil beleef, kontak gerus vir
Charné Mathewson via ons webwerf by http://ngkerkpellissier.co.za/pellissier-kinders
Komende Sondag is gesinsdiens by die kerk en ons nooi ALMAL uit om hierdie geleentheid by te woon! Dit is ‘n geleentheid vir ouers en kinders om saam die erediens te kan bywoon en saam as gesin in hierdie verband te kan groei.
Kom sit saam met ons op die sypaadjie van die lewe, parkeer jou fiets en geniet ‘n toebroodjie!
LET WEL: Vanaf volgende Sondag, 14 April, sal daar weer gewone Pienkvoetbediening, Kleurkabouters, KFC en FXit wees waar die kinders op hulle unieke manier hulle kind-wees saam met ander gelowige maatjies kan uitleef.
Groete
Charné
Posted in
Tagged with , , ,

Related Posts