Bid gedurig - Rikus Hattingh

Ek en ‘n vriend gesels in die week oor hoe maklik ons kan sê, ek sal vir jou bid. Die vraag wat dadelik by ons opkom is of ons dit regtig doen? Het dit nie maar net nog iets geword wat ons maar net sê omdat ons dink dis die regte ding om te doen nie?

Besef ons hoe onverantwoordelik dit is om so iets te sê en dit dan glad nie doen nie?Hoeveel mense maak staat daarop dat jy vir hulle gaan bid en dan doen ons dit glad nie..

Het gebed nie iets geword wat ons net oor praat en glad nie meer doen nie? Ons almal praat daaroor dat ons moet bid vir reën en vir ons land en teen die geweld en misdaad. My vraag is: Doen jy dit? Of wag ons vir die kerk/boerevereniging/ens om ‘n spesiale biddag te reël? Ons verantwoordelikheid is dat ons moet bid. 1 Tes 5:17 sê: Bid gedurig. Dit het tyd geword dat ons ophou praat en begin doen.
Hierdie week bied ons vir julle geleentheid om saam te kom bid. Maandag-Woensdag 18:00 in die kerk..
As ons saam “dieper” wil reis, sal ons moet begin bid..
Mag jy ‘n geseënde week hê.
Rikus


Posted in
Tagged with , , ,

Related Posts

Recent

Archive

Categories

Tags