'n Groter Ingangsportaal

Gasvryheid is ‘n essensiële deel van kerk wees en daarom wil ons graag as gemeente meer geleentheid skep om saam te kuier. Ons by NG Gemeente Pellissier het nou die kans om gesellige samesyn op ‘n Sondag aan te moedig deur die ingangsportaal van die kerk te vergroot en ‘n koffie bedienings ruimte te skep wat tydens alle dienste gebruik kan word. Hierdie jarelange behoefte is nou besig om vorm aan te neem. Die bouery is reeds aan die gang en ons beplan om voor Kersfees daarmee klaar te wees! Die kamer sal vir ons ‘n goed ingerigte ruimte skep om koffie/koeldrank voor te berei, nuwe lidmate te ontvang asook om ons erediens DVD’s te verkoop.
  • Akoestiese werk in gemeente ouditorium
Ons gemeente is baie geseënd om ‘n sterk, entoesiastiese musiek bediening te hê asook ‘n goed opgeleide tegniese span en die nodige toerusting om die bediening te diens. Ons is egter lankal bewus daarvan dat die kerk ouditorium se akoestiek uiters uitdagend is. Die onsimmetriese vorm van die kerk maak dit baie moeilik om die klank univormig te kry vir alle areas in die gebou. Dit beteken dat die klank vir een ry in die kerk baie goed kan wees en ‘n paar rye verder te hard of te sag kan wees. Om die probleem te help aanspreek gaan ons netjiese hout panele in die kerk aanbring wat nie net die akoestiek gaan baie gaan verbeter nie, maar ook baie mooi sal lyk. Ons hoop dat dit vir almal in die gemeente tot voordeel sal wees… en wees tog maar geduldig met die bouproses as jy êrens ‘n paar stukke hout sien rondstaan!

Related Posts

Recent

Archive

Categories

Tags