VLEISBESTELLINGS

FAMILIEFEES VLEIS VERKOPE

Is jy op soek na kwaliteit vleis teen 'n fantastiese prys?
Ons 2020 Familiefees kan ongelukkig nie die 3de April voortgaan soos beplan nie weens die noodmaatreëls wat tans in SA inplek is. Dit beteken egter nie dat ons nie steeds ons vleis verkope kan doen nie! Jy kan hier 'n bestelling plaas vir jou vleis- LEES ASB NET EERS DIE BELANGRIKE INLIGTING EN VUL DAN DIE BESTELLINGSVORM IN.
  • Ons kan ongelukkig nie vooraf die presiese gewig van die T-bene /steaks (min of meer 1Kg pakke) en die  lam/skape ( halwe lam/skape per verpakking) bepaal nie, daarom sal ons vir jou ‘n faktuur daarvoor epos. Maalvleis en wors word wel per kilogram verpak.

  • Vul by elke produk waarvan jy wil koop die hoeveelheid in wat jy wil hê.

  • Ons sal dit waardeer indien jy die totale bedrag deur middel van EFT aan ons kan oorbetaal, maar jy is ook welkom om d.m.v. ‘n krediet/debietkaart of kontant te betaal met afhaal op Saterdag 4 April.  Moet asb. nie jou geld oorbetaal, voor ons nie die faktuur aan jou gestuur het nie.
Bankbesonderhede:  NG Gemeente Pellissier ; ABSA Brandwag ; Rekno.:  1570580384;            Verw: Jou van/Vleistafel.

  • Om te verhoed dat daar meer as 100 persone op die perseel sal wees,  sal ons jou per sms laat weet in watter tydgleuf jy jou vleisprodukte kan kom afhaal.  Dit is dus vir ons belangrik om te weet van watter betalingsmetode jy gaan gebruik maak.